Kosse om te vermy by babas

Kosse om te vermy by babas
 
 
 
 
Sitrusvrugte: soos lemoene, pomelo’s, suurlemoene, lemmetjies en nartjies moet vermy word as jou kind nog nie ’n jaar oud is nie. Dit kan die derm irriteer en ’n allergiese reaksie veroorsaak.
1 of 14
 

Ons het ’n lysie opgestel van kos waarvoor ’n mens versigtig moet wees omdat dit allergiese reaksies kan uitlok, spysverteringsprobleme kan veroorsaak en selfs gifstowwe kan bevat.

Hoewel nie alle kinders dieselfde op dié kosse reageer nie, is dit wys om versigtiger daarvoor te wees as vir ander. Wanneer jou kind oud genoeg is, kan jy dit bietjie vir bietjie by sy dieet voeg terwyl jy hom fyn dophou.

Het jy geweet?

Borsbabas is 7 keer minder geneig om allergieë te ontwikkel. Hulle is ook net in uitsonderlike gevalle sensitief vir moedersmelk, soos wanneer onverdraagsaamheid vir laktose of galaktosemie voorkom.

’n Allergie vir koeimelk is egter algemeen, selfs al is die formule aangepas, ingedamp of gehumaniseer.

Kosse om in baba se eerste jaar te vermy*

  • Gis
  • Sjokolade
  • Varkvleis
  • Gluten
  • Bessies, veral aarbeie
  • Kaneel
  • Sesamsaad en -olie
  • Klapper
  • Mielies
  • Tamaties

*Nuwe navorsing toon dat mens wel vroeër kan begin om sekere van bostaande kosse in te sluit en dat 'n weerhouding van kossoorte 'n allergie kan aanmoedig. Raadpleeg asseblief jou dokter!

Ongesonde drinkgoed

Sportdrankies soos Powerade, Lucozade en Energade

Dié drankies is nie geskik vir kinders nie omdat die energiewaarde daarvan baie hoog is en dit eintlik gemaak is vir volwassenes wat sport beoefen. (Selfs dan behoort jy nie meer as 100 ml te drink nie.)
Die drankies het ’n baie hoë suikerinhoud, wat benewens die hoë energiewaarde ook ’n geweldige glukoselading meebring.

Dit plaas die pankreas onder groot druk omdat dit voortdurend groot hoeveelhede insulien moet afskei om al die glukose te hanteer.  As die pankreas van jongs af só hard moet werk én jou kind se leefstyl is taamlik onaktief, kan hy tipe-2-diabetes opdoen.

Gaskoeldrank

Gaskoeldranke het meestal baie suiker en omdat tipe 2-diabetes so dramaties by kinders toeneem, moet te veel suiker vermy word.

Vrugtesap

Sommige dieetkundiges meen onverdunde vrugtesap is net so sleg vir jou kind soos ’n gaskoeldrank.
Onthou, vrugtesap bevat baie suur en groot hoe¬veelhede suiker en behalwe dat die suur kinders se tandjies kan beskadig, kan die fruktose en sorbitol in sommige vrugtesappe diarree veroorsaak omdat dit so stadig geabsorbeer word.     

Kosse waaraan baba maklik kan verstik

  • Neute
  • Groot stukke vrugte of groente, rou en gekook
  • Groot stukke vleis
  • Heel druiwe en kersietamaties (sny dit liefs in kwarte)
  • Springmielies
  • Sade
  • Rosyntjies
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 7 comments

Saskia

Ek is 'n geregistreerde dieetkundige en sal graag wil weet waar die skrywer aan hierdie inligting kom? Van die inligting wat gegee word is uitgedatteer en nie meer toepaslik nie. Daarby is van die inligting wat deurgegee word glad nie wetenskaplik bewys nie.
Posted on Wed, Apr 24th 2013, 21:01

Karin

My Seuntjie is 5 maande oud en is alergies is dit wys om heuning baba pap vir hom the gee dis stage1 ? Is heuning gesond of help dit alergie aan?
Posted on Thu, Nov 15th 2012, 15:50

Marlene

MY kleindogter is 8 maande oud. Mag sy Milo drink wat aangemaak is met water. Sy is 'n bors baba. My kinders was soya melk babas. Ek is net bang sy ontwikkel ook 'n allergie.
Posted on Tue, Jul 10th 2012, 12:26

Reinette

Kan ek hierdie artikel en moontlik bvan jul artikel namens 'your parenting ' aan ons klient stuur en dan verwys na julle website ... in ons nuusbrief ... Moet ek toestemming vra ?
Posted on Sun, Jun 24th 2012, 18:27

Anel van der Merwe

Hoekom het Purity dan vanaf 6 maande mielies en tamaties in hulle babakos? Woolies se babakos bevat ook tamaties.
Posted on Tue, Jan 11th 2011, 13:25

Ane Silva

Ek wil graag weet; my dogtertjie is amper 2 en eet baie sleg! Ek gee haar party aande melk met 1 geklitste eier en teelepel vanilla essence en suiker! Is dit gesond en hoe gereeld kan ek dit vir haar gee!
Posted on Tue, Jan 11th 2011, 10:46

Tasch

Ek weet regtig nie meer wat ek moet en mag en wat nie. In van die boeke word daar uitdruklik gese my kind van 6 mande moet lemoen kry in die oggend(wat ek persoonlik gedink het is nie 'n goeie idee nie) en kersie tamaties vir middag-ete. In een van julle baba tydskrifte word lemoen vir kinders tussen 6 en 12 maande aanbveveel. Sowat moet ek my kind nou eintlik voer want ek weet regtig nie. ASB help
Posted on Tue, Jan 11th 2011, 10:32