- Kraniostenose is voortydige sluiting van die skedelnate by baba's voordat die brein ophou groei het.
- Dis nie 'n skaars toestand nie en kom wel voor by 1 uit elke 2100 geboortes.
- Voortydige sluiting van die fontanelle is nie die hoofpatologie nie, maar wel sluiting van die skedelnate. Kraniostenose kan steeds voorkom al is die fontanelle nog oop.
- Die oorsaak van Kraniostenose is onbekend behalwe vir 'n klein groepie wat deel van aangebore sindrome is.
- Daar is nie 'n verband tussen Kraniostenose en die soort verlossing nie. Die hoofdoel van die skedelnate is om toename van die skedelomtrek toe te laat terwyl die brein groei.
- Elke naat kan op sy eie voortydig toegroei en dit bepaal die abnormale vorm wat die skedel sal inneem. Die abnormale vorm wissel afhangend van watter naat voortydig gesluit het
- Ouers moet bedag wees op 'n abnormale kopvorm, sigbare en tasbare beenriwwe oor die skedelnate en soms 'n verlies aan skedelgroei. Daar is af en toe tekens van verhoogde intrakraniale druk wat met braking en apnee aanvalle geassosieer is.
- Wanneer ‘n baba nie betyds behandeling ontvang vererger die abnormale kopvorm progressief wat kan lei tot intellektuele skade en ‘n afname in sig.
- Plasiese chirurgie is selde nodig, behalwe wanner die toestand baie laat gediagnoseer word. Ideaal gesproke is die resultaat die beste as die baba's binne die eerste 6 maande van hul lewe neurochirurgies geopereer word.
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.
Tools
Selma Griffith posted an update: If you are you looking for more info about nike air max […]. Vandag, 00:42
Selma Griffith became a registered member. Vandag, 00:41
Lanny Hodge posted an update: If you want to see more information on ミュウミュウ stop by […]. Vandag, 00:04
Lanny Hodge became a registered member. Vandag, 00:02












Add your comment
Comments - No comments yet