Daar is drie dinge wat ononderhandelbaar is wanneer jy ’n karstoeltjie koop, sê Elise Lustig van die babaproduk- maatskappy Safeway. Gaan dus winkel toe gewapen met dié inligting:
1. ’n Stempel van goedkeuring
Maak seker die stoeltjie wat julle wil koop voldoen aan die Europese standaard, ECE R44. “Alle nuwe motorstoeltjie wat in Suid-Afrika verkoop word, moet aan die R44/03-standaard voldoen,” sê Elise. “Ouer stoeltjies wat aan vroeër weergawes van die standaard voldoen – soos die R44/02 of R44/01 – is ook nog veilig.” Moet egter nie na die SABS-teken op motorstoeltjies soek nie, want dié buro reik nie meer sertifikate van goedkeuring vir motorstoeltjies uit nie. Hul rol is bloot om die Europese standaard te implementeer. ’n Ander organisasie, die National Regulator for Compulsory Specifications (NRCS), speel deesdae ’n belangrike rol. Hul werk is om seker te maak dat alle plaaslike vervaardigers (soos Safeway) en invoerders van motorstoeltjies (soos Chelino) aan die ECE-standaard voldoen.
2. Alles gaan oor gewig
Koop ’n stoeltjie wat reg is vir jou kind se gewig. As dit kom by motorstoeltjies is ouderdom nie relevant nie. Maak dus seker jy weet hoeveel jou kind weeg voor julle winkels toe gaan, veral vir daardie tweede of derde motorstoeltjie. Motorstoeltjies is verdeel in vyf kategorieë, volgens gewig en geraamde ouderdom. Só lyk hierdie groepering:
| Pasgeborenes | Groep 0+ | Groep 0+1 |
| 0-13 kg | 0-18 kg | |
| Jong kinders en kleuters | Groep 1 | Groep 1,2,3 |
| 9-18 kg | 9-36 kg | |
| Jong kinders en kleuters | Groep 2,3 | |
| 15-36 kg |
Al die motorstoeltjies in Groep 0+ en 0+1 is stoeltjies wat agtertoe wys. Dié in groep 0+ het ’n handvatsel sodat dit maklik gedra kan word en ook buite die motor as ’n sitplek kan dien. Dis meestal geskik van geboorte tot ongeveer 12-15 maande. Stoeltjies in groep 0+1 is vir pasgebore babas tot ongeveer vier jaar bedoel en kan nie in- en uit die motor gehaal word om rondgedra te word nie. Die stoeltjies in Groep 0+1 kan agtertoe wys tot jou kind sowat 13 kg weeg. Hierna kan dit vorentoe gedraai en gebruik word tot jou kind 18 kg weeg en tussen drie en vier jaar oud is. Hierdie stoeltjies is net gemaak vir die motor en kan nie in- en uitgehaal word nie. Die stoeltjies in Groep 1 kan min of meer van eenjarige ouderdom af gebruik word.
Wat sê Baba & Kleuter?
Stoeltjies wat agtertoe wys is by verre die veiligste vir babas en klein kindertjies, hoofsaaklik omdat hul nekkies dan nie tydens ’n botsing vorentoe sal ruk nie. Ons hou dus baie van ’n stoeltjie waarin jou kind so lank as moontlik agtertoe kan kyk. Groep 1, 2 en 3 is vir kinders wat, soos die tabel aandui, tussen 9 en 36 kg weeg. Dit is van ongeveer ’n jaar oud tot omtrent 11 of 12. Al die stoeltjies in groep 1, 2 en 3 is stoeltjies wat vorentoe wys. Hierdie stoeltjies het ook hul eie gordel wat jy later kan afhaal sodat die stoeltjie ’n versterkte sitplek word wat met die motor se gordel werk.
Groep 2 en 3 verwys net na versterkte stoeltjies en versterkte kussings en is bedoel vir kinders van 15 tot 36 kg, van omtrent vier tot 12 jaar. Groep 3 is net vir kinders wat tussen 22 en 36 kg weeg en ses tot 11 jaar oud is.
Wat sê Baba & Kleuter?
Kyk uit vir versterkte sitplekke met “vlerke” aan weerskante van die kopstut, want dit kan jou kind se kop tydens sydelingse impak beskerm.
3. Installering
Daar is twee maniere om ’n motorstoeltjie te installeer.
- Met jou motor se veiligheidsgordel wat bestaan uit ’n skouergordel, ’n skootgordel en ’n gespe
- Met die Isofix-sluitstelsel wat in motors geïnstalleer is. (Lees hieronder meer oor Isofix.)
Wat is Isofix?
Waarskuwing
Oor lugsakke en motorstoeltjies
- Vra jou motorvervaardiger of en hoe die voorste sitplek se lugsak gedeaktiveer kan word. Onthou egter om jou versekeraar te vra oor die implikasies van so’n stap.
- Stoot die voorste sitplek so ver as moontlik terug en maak die stoeltjie baie stewig vas.
WENKE VIR NOU...EN LATER
Ons kinders is so kosbaar dat ons enigiets in ons vermoë sal doen om hulle te beskerm. “Moenie wag vir die ergste om te gebeur voor jy motorveiligheid ’n prioriteit maak nie,” maan Ismail Essa, besturende direkteur van die motorstoeltjieverspreider Chelino.
Hier is ’n paar van Chelino se wenke om dié goeie gewoonte te vestig:
- Van dag een af: Gordel jou kinders van babadae af altyd in hul stoeltjies vas en stel self ’n onberispelike voorbeeld deur altyd vas te gordel.
- By die naam: Roep elke kind se naam uit voor julle wegtrek en vra “Is jy vas?” As hulle nie wil nie, sê vir hulle hoe lief jy vir hulle is en dat jy nie wil hê hulle moet seerkry nie.
- Zero-verdraagsaamheid: As jou kind in die ry uit sy motorstoeltjie klim, trek van die pad af, klim uit en gordel hom weer vas. Maak dit dan duidelik dat julle nie op ’n uitstappie of enige plek kan gaan as hy nie vasgegordel is nie.
sterk, sterker, sterkste
Dit is baie belangrik dat die sitplekgordel reg gebruik word by versterkte sitplekke en -kussings. Hier is drie belangrike dinge om in gedagte te hou.
- Die gordel moet so styf as moontlik om die sitplek en jou kind se lyf pas.
- Die skootgordel moet oor die kind se bekken pas en nie sy maag nie.
- Die diagonale gordel moet op die skouer rus en nie die nek nie.
Oor ouer motorstoeltjies
- Hoe lank bly ’n motorstoeltjie veilig? Motorstoeltjies behoort nie vir langer as vyf tot ses jaar nadat dit gekoop is, gebruik te word nie, aldus ’n woordvoerder van Maxi-Cosi, Debbie Billson. Die stelselmatige veroudering van die plastiek – veral as gevolg van sonlig – kan die gehalte van die stoeltjie ongemerk laat afneem. Motorstoeltjies van betroubare bronne het altyd ’n sogenaamde produksiehorlosie waarvolgens jy kan bepaal hoe oud al die plastiekonderdele daarvan is. Dit kan dalk moeilik wees om dié horlosie op te spoor, maar dit behoort iewers op die stoeltjie te vinde te wees.
- Wat van tweedehandse stoeltjies? Daar is baie items wat jy tweedehands kan koop of by familie en vriende kan leen om geld te spaar. Maar onthou, sê Debbi, elke gebruikte motorstoeltjie het ’n geskiedenis – hoe weet jy die stoeltjie was nie al in ’n motorongeluk betrokke nie?
Help my!
Wag ’n bietjie
Wilda Mcallister posted an update: For more info on http://doestruthaboutabswork.blogspot.com […]. Vandag, 06:13
Wilda Mcallister became a registered member. Vandag, 06:13
Jamaal Creech posted an update: If you are you looking for more info about ヴィトン バッグ look […]. Vandag, 05:37
Jamaal Creech became a registered member. Vandag, 05:36












Add your comment
Comments - 2 comments
Marilize
Ons was onlangs in 'n kop-aan-kop botsing betrokke. Baba het, danksy die Bambino karstoeltjie, die minste beserings opgedoen. Ons het weer besef hoe vinnig 'n ongeluk kan gebeur en dit is nie noodwendig hoe JY ry nie, maar wat die ander mense doen, wat 'n groot gevaar inhou. As hy nie in sy stoeltjie was nie, sou hy baie seer gekry indien nie erger nie.Rentia
Help! My kind (2 jr en 11 maande) raak erg karsiek. Sy weier 99% van die tyd om vasgemaak te word in haar karstoeltjie. Die kere wat sy wel vas is, is dit net 'n kort tydjie voordat ons moet stop langs die pad - soms betyds; soms om skoon te maak.