17 weke
30 Julie 2012
Ek verlang 24 uur van die dag na my ma. As ons praat, oorval ek haar met vrae van hoe sy dit en dat gedoen het met ons, haar kinders. My bbm werk oortyd met baba-vrae wat kort-kort by my opkom.
Ek raak sommer hartseer (en deesdae is emosioneel my middelnaam) as ek dink aan die toekomstige en nuwe mammas wat nie ’n ma het om te bel of te sms, om te hoor hoe sy kinders-grootmaak getrotseer het nie.
Hoe nader die dag kom, hoe meer besef ek hoe groot die verantwoordelikheid is en dan voel ek nog soos ’n student wat 'n baie belangrike eksamen moet skryf waarvoor ek nie geleer het nie. Dit maak my paniekbevange.
Maar dan besef ek dat derduisende ma’s dit al gedoen het en ook dat my ma dit met 4 kinders góéd gedoen het. Iemand het eenkeer vir my ma gevra hoe sy 4 dogters groot gemaak het en haar antwoord was: “Jy doen dit maar, en vat elke dag soos dit kom.”
Ek het dus tot die volgende gevolgtrekking gekom. Ek sal soveel lees en raad vra soos ek kan en hopelik met moederlike instinkte (iewers baie diep binne my) en genade van bo, sal ek nes my ma, hierdie kind goed groot kry.
Simonne Wakefield joined the group Moms of boys. Vandag, 12:26
mariri posted an update in the group Expecting in 2013!: hey Mommies, went for my 28 week appointment today and […]. 17de Mei. 2013, 13:30
Zama Ditlhake posted an update: hello moms to be - just to share. it is now 11 days to go […]. 17de Mei. 2013, 12:26
kopano mogorosi and Annelie Visagie are now friends. 17de Mei. 2013, 09:13
Lizelle11 replied to the forum topic in the group Afrikaanse Mammas. 17de Mei. 2013, 09:03











Add your comment
Comments - 3 comments
Teresa
Is mal oor jou blog, Yolandé! Dis so eerlik geskryf, baie baie nice. Sterkte met jou swangerskap, geniet elke oomblik soos jou lyf en kop en hart verander. Dis 'n wonderlike reis waarop jy is en 'n voorreg dat jy dit deel. Liefde TerésaCharlene Kotzé
Baie, baie geluk Yolandi! Mag die 'n fantastiese tyd van opwinding en baie nuwe dinge leer wees vir jou en Adriaan! Dit klink vir my asof julle daar by B&K mekaar aansteek! hehehehe! Elke 2 of 3 maande hoor ek daar is nog 'n pienk voetjie oppad! Hou so aan, dis hoe ons ons mooi SA nog mooier maak!Helen
Jy gaan 'n awesome ma wees!