Symptom guides

Herken die uitslag

'n Veluitslag is selde rede tot kommer, maar dit help as jy weet wat daaragter sit sodat jy die probleem gou kan nek inslaan. Ons bekyk 'n paar moontlikhede.

SHARE

 
Herken die uitslag
 
 
 
 

Babamasels (Roseola infantum)

Jou kleinding is vir dae knieserig met ’n skielike koors van tot 40 grade. Op die 3de dag verdwyn die koors en hy lyk heel gesond, maar dan verskyn ’n ligte pienk uitslag (dit kan soos kant lyk) op sy nek en bo-rug en versprei na sy romp en ledemate: hy het dalk babamasels.

Kinders van 6 tot 24 maande kry dikwels dié matige virusinfeksie, maar is gelukkig meer ongemaklik as skadelik. Die uitslag kan sowat 4 dae bly, met effense swelling om die oë en vergrootte limfkliere agter die kop.

Behandeling: Die toestand verbeter sonder behandeling. In uitsonderlike gevalle kan koorsstuipe voorkom. Koorsstroop kan gegee word om dit te voorkom.

Duitse masels

Duitse masels (ook bekend as Rubella) is ’n minder ernstige virusinfeksie vir kinders, maar uiters gevaarlik vir ’n ongebore baba sou ’n swanger vrou dit kry. Dit begin gewoonlik met matige koors en geswolle limfkliere agter in die nek of agter die ore, gevolg deur ’n ligte pienk of rooi kolletjie-uitslag wat kan saamvloei om groter gekleurde kolle te maak.

Die uitslag begin op die gesig en versprei dan afwaarts. Namate dit versprei, sal die uitslag op die gesig verdwyn. Die uitslag kan jeuk en sal sowat 3 dae voortduur. As dit opklaar, kan die vel afskilfer.

Behandeling: Dit sal gewoonlik self opklaar. Behandel koors met parasetamol.

Masels

Masels is ’n ernstige kindersiekte, wat afskop met ’n skielike hoë koors, knieserigheid, rooi, waterige oë, loopneus, ’n gehoes, en soms ook erge diarree by klein kinders, wat geleidelik vererger oor 3 dae.

Die maseluitslag begin as klein wit kolletjies op ’n rooi basis in die mond. Dis gewoonlik moeilik om te sien. Dan verskyn ’n rooi, kollerige uitslag gewoonlik in die nek of gesig en versprei verder oor die hele liggaam na sowat 2 of 3 dae. Hierna sal die koors sak en die uitslag verdwyn. Die vel kan ’n donker kleur ontwikkel en effens skilferig raak.

Een uit 10 kinders met masels doen oorinfeksie of longontsteking op. Breinvliesontsteking is nog ’n komplikasie wat soms doofheid en verstandelike vertraging kan veroorsaak.

Behandeling: Parasetamol kan kleinding se koors help beheer. Antibiotika sal voorgeskryf word vir komplikasies.

Skarlakenkoors

Skarlakenkoors kom gewoonlik by kinders jonger as 4 voor. Jou kind kan kla van hoofpyn, seer keel, maagpyn en sal ’n hoë koors hê. Ná 2 tot 3 dae verskyn ’n uitslag: eers in die armholtes en lieste, dan op die romp en ledemate. Sy velvoue sal donkerder rooi vertoon en sy wange erg rooi. Sy mond is bleek.

Sodra hy beter word, kan die gesig, hande en voete, en die lyf effens afdop. Op sy tong is eers ’n wit lagie, en later word dit bloedrooi.

Behandeling: Skarlakenkoors kan gevaarlik wees as komplikasies intree: jou kind sal antibiotika moet kry; neem hom dadelik dokter toe. Gee parasetamol vir koors en pyn. Hou haar weg van ander tot die uitslag verdwyn.

Gordelroos

Met gordelroos sal ’n groep kolletjies tipies aan een kant van die lyf voorkom, en later verander in blase wat kan bars en rou plekke kan vorm. Soms sal die kind vooraf, tydens en agterna pyn ervaar. In uitsonderlike gevalle kom gordelroos, veroorsaak deur die herpes zoster-virus, by ’n oog of oor voor.

Behandeling: Kinders raak selde erg siek van gordelroos. Verlig pyn met parasetamol. Wit littekens kan agterbly.

Hand-voet-en-mondsiekte

Die eerste simptome van hierdie virussiekte is dat jou kleinding onwillig raak om te eet en seertjies op sy tong of in sy mond kry. Hierna sal witterige blasies op sy hande (ook die palms) en voete (ook die sole) verskyn. Dit sal na sowat ’n week opklaar. Die siekte kom gewoonlik in die somermaande voor.

Behandeling: Dis slegs ’n ligte infeksie. Geen behandeling is nodig nie.

Ekseem

Ekseem is ’n versamelnaam vir inflammasie van die vel wat rooi en skilferig vertoon en baie erg jeuk en kom gewoonlik voor by families met ’n geskiedenis van allergieë.

Ekseem by babas kan enige plek op die lyf voorkom, behalwe die doekarea. By ouer kinders is dit algemeen in die velvoue, soos agter die knieë of in die buig van die arm. Die algemeenste vorm is atopiese ekseem. Dit begin met ’n droë vel en dan verskyn rooi, jeukerige kolle. Omdat ekseem baie jeuk, kan dit jou kind knieserig maak.

Ekseem kan verdwyn en weer terugkeer, deels afhangende van snellers waarop die vel reageer. Snellers kan wissel van kosse, tot temperatuurwisseling, badseep en waspoeiers.

Behandeling: Daar is nie ’n geneesmiddel vir ekseem nie, maar dit kan beheer word met behandeling, van hidrokortisoonrome tot basiese voorkomende aksies tuis. Besoek ’n dermatoloog wat spesialiseer in ekseem.

Sproei

Sproei is ’n swaminfeksie wat gewoonlik binne die mond of op die boudjies voorkom. In die mond veroorsaak dit wit kolletjies en op die boudjies vorm dit rooi, opgehewe knoppies.

Behandeling: ’n Swamwerende salf. Praat met jou apteker of dokter.

Vyfde siekte

Jou kleinding kan helder rooi wange ontwikkel, soms met ’n koors, gevolg deur ’n loop neus en hoes, dan ontwikkel ’n rooi, kollerige uitslag wat aan puisies kan herinner of ’n tipe kant-effek het en later van die lyfie na die ledemate versprei. Dit kan effens jeuk.

Dit verdwyn na sowat 1 tot 3 weke. Jou kind kan soms koorsig wees, en dikwels is daar geen ander simptome nie. In sommige gevalle is daar gewrigspyn of hoofpyn voor die uitslag verskyn.

Behandeling: Behandel koors waar nodig met parasetamol.

NB: GEVAARLIK! Meningokokkus-infeksie

Jou kind kan simptome soos hoofpyn, koors, vinnige asemhaling en ’n stywe nek ontwikkel en ook opgooi. Hy kan verward voorkom en stuiptrekkings kry.

Die uitslag sal begin as ’n paar verspreide rooi kolle, amper soos rooi speldprikke, wat later vergroot en donkerpers raak sodat dit soos kneusplekke lyk. Dit kan enige plek op die lyf verskyn. Jy sal dit kan onderskei van ander vorms van uitslag deurdat dit nie wit raak as jy daarop druk nie, maar pers bly.

Behandeling: Kry jou kleinding onmiddellik by ’n dokter – dis ’n lewensgevaarlike siekte en kinders kan binne ure daarvan sterf.

Waterpokkies

Waterpokkies begin met ’n paar rooi kolle of knoppe wat verwar kan word met insekbyte. Oor die volgende paar dae vermeerder die kolle en die eerste kolletjies vorm waterige blasies. Teen dag 4 begin die eerste blasies ’n rofie vorm. Teen dag 7 behoort die meeste kolletjies rofies te hê.

Jou kind kan in dié tyd koorsig wees. Dit jeuk erg. Sodra alles rofies gevorm het, is dit nie meer aansteeklik nie.

Diagnose-wenk: Sodra die kolle verskyn, trek ’n kring daarom. As dit ’n dag later ’n blasie gevorm het, is dit waterpokkies.

Behandeling: Verlig die gejeuk deur kalamynmelk aan te smeer. In ernstige gevalle, klop aan by jou dokter.

Galbulte

Galbulte is ’n allergiese reaksie, en kan veroorsaak word deur enigiets van medikasie, gras tot inwendige parasiete. Dis gewoonlik jeukerig en lyk soos hitte-uitslag, maar kom in stroke voor, gewoonlik op die romp, maar soms op die ledemate.

Dit kan groot of klein wees en vorm gedeeltelik rooi en velkleurige knoppe. Individuele galbulte kan verskyn en verdwyn.

Behandeling: Keer dat jou kind dit krap. As ander simptome getoon word soos moeite om asem te haal, kry mediese hulp.

 
 
Shanda Luyt

Shanda Luyt

Shanda Luyt stap al meer as 10 jaar die pad saam met Baba & Kleuter, eers as  assistent-redakteur en deesdae as vryskutskrywer. Sy is 'n ma van drie en is  passievol daaroor dat alle ouers verdien om ingeligte keuses te kan maak na  gelang van hulle en hul kinders se unieke behoeftes en omstandighede. Sy woon in Humansdorp in die Oos-Kaap.

Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 41 comments

wendy

My seun 7j hy het n 10dae terug met n loop neus en n hoes begin 2dae later is sy kliere agter sy een oor geswel. Hy bly vol koors. So wat 4dae terug slaan hy uit met rooi kolle kllae sy kop is seer as hy hoes en voel dronk as hy loop en sy been is seer as hy op hom trap. Soek raad
Posted on Tue, May 13th 2014, 21:46

marleen

Hey my kind nou 2 jaar oud en sy ht oor ha hele lyf klein uitslag lyk soos baie klein water blase maar dit jeuk en sy het aan die kante van ha mond rou plekke en lippies baie droog dit bars oop en haar boude ook baie rooi en vel trek af ek raad op Dr se dis ekseem maar die ander een se dis masels help asb sy ook soms koors dis nou al 4 dae
Posted on Sat, May 3rd 2014, 19:06

Rolien

My seuntjie is nou 2j6m. Hy het gister wakker geword met 'n witterige puisie op sy wang. Dit het 'n harde punt gehad en ek kon dit uitkrap. Later die aand het hy twee op die ander wang ook gehad. Die "puisie" is weg, maar daar sit nou perserige merke. Wat kan dit wees?
Posted on Thu, May 1st 2014, 22:28

Willie v Rensburg

My arms en bene het 'n rooi skurwe uitslag, en dit jeuk baie.Die dr. het salf (Epizone E) voorgeskryf, maar help net 'n rukkie. In die nag krap ek my onbewis. Ek gebruik hartmedikasie, omrede 20jaar terug hartkleppe vervang is. Dr. se ek moet uit son bly, en dit kan ook wees dat ek allergies is vir gras. Ek woon op 'n plaas. Ek drink baie koffie. Kan medikasie my die uitslag gee? Ek het 'n kortosooninspuiting gekry, dan help dit baie. Maar dr. wil eintlik dit nie vir my inspuit nie,agv. hartprobleme.
Posted on Sun, Apr 27th 2014, 16:00

Willie

Ek wil graag weet, ek kry blase tussen my vingers op sag te plekke en ook onder, tussen my tone en aan Kant van my voete, wat veroorsaak dit en is daar n behandeling. Dit kom en gaan soms weg vir drie weke. Laat weet asb
Posted on Sat, Feb 1st 2014, 13:16

Priscilla

Hande jeuk en brand,het blasé en raak soms stukkend water loop uit blasé?
Posted on Thu, Nov 21st 2013, 10:40

maritza smit

goeie dag, my meisiekind is 9 jaar oud die laaste week het sy sere in die oral in die mond, sy het nie regtig koors nie, maar sy sukkel om te eet. ek weet nie of dit ernstig is of die, van die mense het al gese dit is witseerkeel. maar ek het dit gaan na soek maar die simtome is nie dieselfde nie. help asb
Posted on Thu, Oct 31st 2013, 13:45

Nettie

Duitse Masels navraag. Ek gaan oor 4 dae by my vriendin in n ander dorp kuier want sy imigreer. Ek kan nie op n ander tyd vir haar gaan groet nie. Sy het nou Duitse Masels. Ek is bekommerd want my klein nig kom die daaropvolgende naweek by my kuier. Sy is 6 maande swanger. Kan ek die kiem na haar toe oordra omdat ek daarmee in aanraking gaan kom? Is dit steed op 6 maande baie gevaarlik vir haar babatjie?
Posted on Tue, Oct 15th 2013, 12:50

christien

Hello. My seuntjie is 8maande oud. Hy het 2dae terug rooi knoppies in sy gesig begin kry. In totaal is daar 6. Hy het nie koors nie en huil nie baie nie. Sy ogies het gister eweskielik waterig begin raak met geel vloeistof wat daar uitkom. Ek is onseker of dit ernstig is? En kan dit waterpokkies, masels of baba masels wees. Help asb!
Posted on Sun, Oct 13th 2013, 16:18

Freda

My kleindogter van 11 het pampoentjies en wil ek graag weet of ons ander kleinkind van 5 maande by haar kan aansteek??
Posted on Mon, Oct 7th 2013, 14:35

Martinette

My kind is 2jaar en 8maande oud en vir die laaste maand wanneer ek haar bad kry sy n rooi uitslag op haar boude en bene. Ek dink dit brand haar want sy huil as ons haar bad. Ons gebruik Pure Soap met geen geur maar dit gebeur nogsteeds. Na n ruk is die rooi weg. Weet iemand wat dit veroorsaak en hoe kan ons dit voorkom.
Posted on Sun, Sep 15th 2013, 11:44

Petro

My kleinkind is nou 2 en n half jaar oud en vir die laaste maand as ons haar bad kry sy n rooi uitslag op haar boude en bene. Ek neem aan dit brand want sy huil as ons haar wil bad. Ons gebruik nou seep sonder geur maar nogsteeds gebeur dit. Na n ruk n uur of wat is die rooi weg. Weet u dalk wat veroorsaak dit en wat kan ons doen om dit te voorkom.
Posted on Sat, Sep 14th 2013, 21:20

SHIVONNE

HI EK WIL NET GRAAG WEET MY DOGTERTJIE (16MDE) HET N UITSLAG OP HAAR VELLETJIE DIS BIETJIE VAN N KORS TIPE DING MAAR OP DELE VAN HAAR LYF MAAK DIT AMPER SOOS HOPIES BLASIES EK WEET NIE OF DIT IETS IS WAT HAAR DALK BYT NIE?
Posted on Wed, Sep 4th 2013, 15:52

Ockie en Judy

Hi Shanda Ons het n seuntjie van 2. Baie aktief en lief vir die buite lug. Sy hand palms het erg begin skirf raak waar die droee vel begin bars het, in so mate dat dit rou kolle op sy handjies vorm, hy kla dat dit gevoelig is, maar nie van pyn (eina) nie. Nog steeds sy normale self en baie besig met die handjies. Kan dit ekseem wees?? Huidiglik gebruik ons Advantan room op klein maat wat die vel sag hou deur die nag, bedags na skool, lyk dit weer soos leer was bars. Dit het 3 dae terug begin. Het jy miskien raad??? Groete
Posted on Tue, Aug 20th 2013, 20:42

Tahnia

Goeiedag. My seuntjie is 8 jaar oud. Hy het van Woensdag 7 Aug gekla oor hoofpyn as hy hoes. Sondag 11 Aug het hy verskriklike koors gekry. Ons het d koors behandel en hy het beter gelyk, maar steed kort-kort koors gekry. Maandag oggend het hy opgestaan en gekla hy is naar en later begin braak. Ek het hom dokter toe geneem waar die dokter hom ondersoek het en antibiotika gegee het vir griep (moontlik varkgriep). Hy was by die huis en Donderdag toe hy beter is het ek hom skool toe gestuur. Donderdag aand het hy begin kla oor 'n muskiet wat hom gebyt het. Later het die kolle oor sy maag, bene en rug begin trek. Dit lyk duidelik soos baie muskiet bytplekke en dit het gejuk. (Ek is alergies vir 'n muskiet byt en dit het na die tipe kolle gelyk.). Vanoggend - Vrydag - is die kolle heelwat minder en het hy nog net die uitslag op die broeklyn en 'n klein stukkie in die nek. Ek het alles al ge-google, maar die simptome en die prentjies wat ek sien stem nie ooreen nie. Hy het die simptome van Roseola gehad, maar die uitslag lyk soos galbulte... Baie dankie!
Posted on Fri, Aug 16th 2013, 09:13

Quenny

Goeiedag, ek het 'n geruime tyd uitslag in my lieste, dit lyk soos puisies en ook swartkoppies, los lelike merke, hoe kan ek ontslae daarvan raak want dit is regtig 'n verleenteheid. Baie Dankie
Posted on Thu, Aug 1st 2013, 13:35

elanie

my baba dogtertjie drink nou al 4 maande isomil 1 en ek het geen probleme met haar gehad nie.sy is nou 4 en half maand en eweskielik van saterdag gooi sy haar melk op en haar maag werk baie.die dokter het vandag gese ek moet haar melk verander na nan 2 toe.kan dit die melk wees want ek kan nie sien hoe die melk vir 4 maande kan werk en eweskielik werk dit nie meer met haar nie..help asb...dankie elanie.
Posted on Tue, Jul 30th 2013, 15:04

Kurt van Turha

My babatjie is 1 maand en 4dae oud,sy slaan pysies uit met geelerige koppies,op haar hele lyf tot tussen haar hare,wat kan dit moontlik wees?
Posted on Tue, Jul 9th 2013, 10:37

janine

My seun van 5 het koors gehad vir 2 aande,net in die aande,vanoggend is sy hele lyf van kop tot tone vol rooi knoppies uit geslaan,hy eet nie,maar drink baie vloeistowwe,sy ogies is baie rooi,sy keel is seer,en hy bly moeg.....enige raad sal waardeer word....bv dankie
Posted on Wed, Jun 26th 2013, 14:53

lizelle

Hi mense my dogtertjie is 21maande oud en sny nou haar agter tande so di spoeg loop verskrikliknou het sy so ruki trug rooi kolietjies omi mond al gekry apteker se lyk soos sproei van ali spoeg mar di salfies werki raak net erger enige raad asb mense
Posted on Wed, Jun 5th 2013, 06:56

Estelle

Ek het 'n gesonde 6 jarige seuntjie met 'n goeie baie eetlus. Ek het agtergekom vir 'n hele lang ruk dat hy rooi knoppies op sy maag en bobene ontwikkel het (wat hy sê glad nie jeuk nie) party is kleurloos,en sien jy dit net in die son. Ek het opgemerk dat hy wit vlekkies ook op sy bolyf en arms en bobene het,van verskillende grotes. Ek wonder net wat dit kan wees en of ek hom maar eerder dokter toe moet vat. My probleem is net,dat hulle gewoonlik eers duisende rande se bloed toetse moet doen.Enige raad asb?
Posted on Wed, May 22nd 2013, 10:11

Heila Slater

As sesjarige het ek by 'n ou tante geloseer in Springs. Ek was een oggende baie siek, maar is nogtans skooltoe gestuur, want sy het nie geweet nie. Dit was 'n lang ent en ek kon skaars die skool haal. Mense langs die pad het my gehelp en by die skool het ek inmekaar gesak. My skoolhoof het my huis toe geneem, dit kan ek vaagweg onthou. Ek was dae lank nie by my positiewe nie en toe ek bykom, vertel die tante my dat ek amper gesterf het van masels wat "inwendig uitgeslaan" het. Wat is dit? Ek het lank daarna nog in 'n donker kamer gelê.
Posted on Thu, May 2nd 2013, 16:38

gerda van deventer

My kind is 6 jaar oud en haar hande jeuk vreeslik. Is dit gevaarlik?en moet ek haar maar eerder dr toe vat? Sys glad ni siek ni geen koors. Net di hande wat jeuk.
Posted on Tue, Apr 23rd 2013, 10:08

SHERIDAN

MY 2jarige seuntjie het rooi opgehewe jeukerige uitslag op sy skouers om sy middel en op sy bene. Hy het al voorheen dit gehad en sy hele lyf is vol swart kolle as dit gesond word,ek is al skaam want dit lyk lelik en lyk ek kyk nie na my kind nie,het u asb raad om kolle te laat weggaan?
Posted on Fri, Apr 12th 2013, 13:41

Agnes

kind het gegaan vir 18 mande inspuiting oggend die middag het hy kolle begin uitslaan op sy lyf vanoggend is sy hele liggaam uitgeslaan jeuk baie
Posted on Fri, Apr 5th 2013, 10:22

cheryl

Wat is die simtome van jollie jeuk .kan dit met duitse masels verwar word.My dogter van sestien het n rooi uitslag oral o[p haar lyf en dit jeuk .Sy is in die koshuis en 2ander kinders het die selfde uitslag.Dr. kan nie met sekerheid se of dit duitse masels is nie ,nou hoe moet ons dan weet ?help asb
Posted on Tue, Mar 5th 2013, 15:10

Chantelle

wat kan gebeur as jy jou baba bad as sy baba masels of duitse masels het??
Posted on Mon, Feb 11th 2013, 20:15

Danie

Ek het ovaal vormige blasies in my nek,albei kante,dit jeuk nie. Is al behandel vir omloop en is ontwurm en het antibiotikum gekry by dokter(Was behandel vir omloop)en verskeie salwe maar niks werk nie.Ek glo dit is nie omloop nie maar iets anders. Help asb. Baie dankie..
Posted on Sat, Jan 12th 2013, 15:11

Gerhard.Laubscher

More, ek het gorrelroos kan ek bad
Posted on Wed, Jan 9th 2013, 09:55

MIEMIE

KAN JY JOU KIND BAD TERWYL HY WATERPOKKIES HET
Posted on Tue, Dec 18th 2012, 08:46

Estel

Please give me information regarding Numilere ekseem - I am getting these darm brown marks on my body that looks like a ringworm x please help and what can I use to get rid of it - I know no stress but I am in a job with allot of stress please help
Posted on Sat, Dec 1st 2012, 12:02

Thenet

Goeie dag, my seun (7jr) het die naweek baie erge hoofpyne, nek pyne, lyfpyne, seerkeel, seer gevoelige oe gehad. sy koors was die hele naweek baie hoog. sy kliere is ook geswel. Gister het hy 'n uitslag net op sy bene ontwikkel, groot rooi, opgehewe uitslag. Hy se dit jeuk. Ek het hom gister dr toe gevat maar die dr was nie baie seker wat die fout is nie en gese dit is dalk net allergie. Het gisteraand vir hom celestamine gegee maar die uitslag lyk erger en dit lyk of dit nou op sy armpies ook wil begin. Ek is nogal bekommerd. Hy lyk met tye nogal bleek en dan kan ek sien hy voel nie lekker nie. [- Thenet, neem asb maar jou seuntjie na 'n ander dokter, of miskien die hospitaal se noodafdeling... dit gaan 'n bietjie geld kos maar ten minste weet jy dan wat fout is! Baie sterkte. xx]
Posted on Wed, Nov 28th 2012, 07:47

Adele Linde

My baba seuntjie is 10 en half maande, die naweek het hy vreeslike hoe koors gehad, maar hy was besig om 'n tandtjie te sny, en koors was hoog tot dinsdag aand, woensdag oggend toe het sy gesiggie sulke rooi kolletjies maar die vel is nie opgehewe nie, en nou is dit oor sy hele lyfie versprei en geen koors meer nie. Kan dit baba masels wees of duitse masels en wat is die gevare daaraan asseblief? As dit masels is moet hulle nie 'n donker vertrek wees nie?
Posted on Thu, Oct 4th 2012, 07:49

nini

Ek het 'n dagsorg in Nigel en dit pla my nou vandag vreeslik. . . ons het drie kindertjies wat kolletjies(2-3) op hul ken het. Die probleem is dat dit rowe gemaak het, en dit raak nou, soos wanneer jy 'n splinter in jou hand het wat begin sweer. . . geelerig met 'n swart-kolletjie in die middel. Een van die drie se kolletjies is baie opgehewe en is meestal aan haar vingers net voor die kind se nael. Die ma se jy probeer die geel-gedoentes uitdruk maar niks kom uit nie. Wat kan dit wees???
Posted on Tue, Sep 11th 2012, 18:32

Maritza Janse van Rensburg

My seuntjie het einde Junie 2 geword. Hy het so 4 dae terug 'n loop neus gehad en bietjie gehoes. Twee dae later het hy die nag 'n hoe koors opgebou, maar die volgende oggend was alles beter. Sy wangetjies is rooi en hy is 'n bietjie knieserig. Gisteraand was hy uitgeslaan op sy hele romp en rug gedeelte met 'n rooi uitslag, wat vir my net soos masels gelyk het. Vanoggend toe hy opstaan toe is daar geen teken van die uitslag nie. Kan masels se uitslag vir so 'n kort tydjie duur? Is dit dalk babamasels? Ek het gistermiddag 'n doktersafspraak gemaak vir vanoggend, maar dit weer gekanseleer toe die uitslag weg is, moet ek hom liewer Dr toe vat? Hy het 2 inentings teen masels gehad op 9 en 15 maande.
Posted on Tue, Jul 17th 2012, 13:21

Heilie

Ek is asb opsoek na raag teen Galbulte by volwassenes. My suster in Kanada het kwaai "Galbulte", of so se hulle, maar dit gaan nou al vir twee weke aan en die dokters lyk my kan haar daar nie help. Ek het raad gekry vir engelsesout en warm water, maar dit gaan nou al rerig lank aan. Enige ander raad sal opreg waardeer word. Baie dankie
Posted on Tue, Jul 3rd 2012, 10:28

Sandra

My seuntjie van 5 is deur 'n borsluis gebyt so 3 weke terug hy was op behandeling vir borsluis koors. Dinsdag nag 20/03/2012 het hy begin met 'n koors van 38 woensdag het hy begin op gooi. Hy het so stadig begin uit slaan rooi kolletjies dit is nie soos waterpokkies nie dit is net rooi kolle sy koors medesyne moet ons elke 4 ure gee anders is die koors tussen so 38.4 / 38.9 Hy kla dat sy handjies en voetjies verskriklik seer is jy kan skaars aan sy lyfie vat so seer is dit vir hom. hulle het bloed getrek maar niks gesien in die bloed nie. Enige raad wat dit kan wees
Posted on Sun, Mar 25th 2012, 14:14

CHRISTA

Ek is 60 Jaar oud en sukkel vreeslik met my hande hulle bly konsnat skurf barsoop of vervel in klipharde groot velle. wanneer die velle afskeur bars die vel oop en bloei dit. Wat kan die oorsaak wees en is daar miskien iets wat ek daarvoor kan gebruik? Ek at al al wat 'n handeroom is gebruik asook boererate gevolg maar niks help nie
Posted on Sun, Mar 18th 2012, 16:54

Cecile

My dogter is ook gebore daarmee. Dit het verskillende name. Strawberry marks, angel kisses, stork marks ens. Dis dood normaal en sal teen die ouderdom v 5 verdwyn. Ek het dit ook gehad toe ek gebore was en kan eerlik se ek het dit nie meer nie.
Posted on Mon, Jan 23rd 2012, 21:41

adel griesel

my seun het van geboorte af so paar klein rooi vlekkies agter sy nek... niemand kan my se wat dit kan wees nie...
Posted on Mon, Jan 23rd 2012, 15:32

Johan

Kyk gou di simptome
Posted on Tue, Nov 8th 2011, 20:25
Mom to Mom Feed
Poll

What do you feel the guiltiest about as mom?

I feel I don't spend enough quality time with my kids.
I shout at them.
I don't listen to them attentively and am always distracted.
I probably should have breastfed them for longer.
I'm not able to give them more material things.
I'm not organised with scrap books and albums and memory boxes.
My kids are overweight.
My kids watch too much TV.
I feel guilty for sometimes wishing I could just go away and be by myself.
Someone else is looking after my kids while I work.
I don't feel guilty!