Papierkuns: Bewertjie

Papierkuns: Bewertjie
 
 
 

Jy benodig:

  • Effekleurige en bypassende bont papier
  • Papiergom
  • 'n Vorm waarmee jy sirkels kan trek
  • Vislyn
  • Iets waarin die papier gehang kan word- ons het outydse wasgoedpennetjies en draadhanger gebruik

Voorbereiding:

  • Knip 'n verskeidenheid van dieselfde grootte sirkels uit die verskillende papiersoorte.
  • Vou die sirkels in die helfte, sodat die sirkels wat uit bont papier gesny is met die gedrukte kant na binne wys.

Maak so:

  1. Vou een van die sirkels oop en laat dit met die gedrukte kant na onder lê.
  2. Smeer die hele agterkant met gom en plak twee van die gevoude sirkels daarop- een op elke helfte (gebruik die vou as gidslyn).
  3. Maak weer een van die sirkel se kant plat, smeer weer gom en plak dan nog sirkels op dieselfde wyse vas.
  4. Wanneer jou papierbal genoeg sirkels na jou smaak het, plaas 'n lang stuk vislyn in die middel en plak die laaste twee helftes teen mekaar vas.
  5. Hoe meer sirkels jy gebruik, hoe meer kleure sal daar in jou papierbal wys.
  6. Sowat sewe sirkels werk goed, maar jy kan self besluit hoeveel jy graag sal wil gebruik.
  7. Minder as vier is nie aan te beveel nie.
  8. Jy kan meer as een bal aan een stuk vislyn sit, maak net 'n groot knoop aan die onderkant van die bal, of ryg 'n kraal deur, sodat al die balle in plek bly.
  9. Knoop die vislyn aan die wasgoedpennetjies en hang op.
 
 
 
Joanita Cillié

Joanita Cillié

Sy is ons nuwe leefstylredakteur wat lesers op hoogte gaan hou van die nuutste op die baba-dékorfront. Haar ondervinding as aankoper van babaprodukte beteken sy weet waar om die mooiste en beste produkte teen goeie pryse te kry.

Joanita glo jou omgewing speel ’n belangrike rol in jou gemoedstoestand, en daarom is dit belangrik om
ekstra moeite daarmee te doen.

Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 1 comment so far

Riana

Baie oulik , dankie.
Posted on Thu, Aug 16th 2012, 14:27