Papierkuns: Papierbootjie
By Joanita Cillié
Papierkuns is weer groot nuus en oral te sien. Hier is 'n eenvoudige, treffende patroon wat jy self kan vou of vir jou ouer kinders kan wys om te vou.
Jy benodig:
Maak so:
Stap #1
- Neem 'n A4-vel, of enige langwerpige stuk papier.
- Met die papier in portretformaat (langwerpig) voor jou, vou die boonste helfte afwaarts, presies in die helfte.
|
Stap #2
- Vou nou 'n ligte vertikale gidslyn in die middel en maak jou papier dan weer oop, sodat dit slegs een maal gevou voor jou lê.
|
Stap #3
- Neem nou die regterkantste hoek en vou dit afwaarts, sodat die driehoek wat gevorm is presies op die vertikale gidslyn lê.
- Draai jou papier om en herhaal die stap aan die agterkant.
|
Stap #4
- Neem die boonste flap aan die onderkant en vou dit na bo.
- Draai die papier om en herhaal dit ook aan die ander kant.
|
Stap #5
- Draai die hoed punt in die lug en maak dit met jou duime aan die binnekant oop.
|
Stap #6
- Vou die stukke papier in soos op die voorbeeld.
- Jy kan die oorvleuelende flappe onder mekaar invou.
|
Stap #7
- Vou die boonste hoek wat los is na binne.
|
Stap #8
- Draai die papier om en herhaal die stap aan die ander kant.
|
Stap #9
- Vou die vorm oop en draai opwaarts (met die oop kant dus na onder), sodat twee driehoeke op die sye sigbaar is.
|
Stap #9
- Vou die vorm oop en draai opwaarts (met die oop kant dus na onder), sodat twee driehoeke op die sye sigbaar is.
|
Stap #10
- Trek die sye kantwaarts en siedaar- jy het jou boot.
|
|
Joanita Cillié
Sy is ons nuwe leefstylredakteur wat lesers op hoogte gaan hou van die nuutste op die baba-dékorfront. Haar ondervinding as aankoper van babaprodukte beteken sy weet waar om die mooiste en beste produkte teen goeie pryse te kry.
Joanita glo jou omgewing speel ’n belangrike rol in jou gemoedstoestand, en daarom is dit belangrik om
ekstra moeite daarmee te doen.
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.
Add your comment
Comments - No comments yet