Jy benodig:
- Effekleurige en bont papier
- Mooi spelde/ drukspykers
- Houtstokkies
Maak so:
- Sny 'n vierkant uit 'n effekleurige vel papier.
- Trek 'n potloodlyn van die boonste linkerhoek van die papier na die onderste regterhoek. Doen dieselfde met die boonste regter- en onderste linkerhoek.
- Gebruik 'n skêr en, met die lyne as gids, knip die papier tot sowat 2-4cm (afhangende van jou papiergrootte) vanaf die middelpunt. Dit deel elke hoek in twee- ons noem dit hoek A en hoek B.
- Sny ook 'n sirkel uit bypassende bont papier.
- Druk eers die sirkel deur 'n hoedespeld of drukspyker sodat die patroon na die buitekant wys.
- Nou kom jou papier. Vou al jou A-hoeke na die middelpunt van jou papier en druk ook deur die speld, wanneer jy die speld deur die middel van die papier steek.
- Druk dit laastens deur 'n stukkie hout wat ook as 'n handvatsel kan dien.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
WENKE!
- Plak twee verskillende kleure papier met rugkante teen mekaar, sodat die meul verskillende skakerings het.
- Ons het meer as een roomysstokkie aan mekaar geplak vir 'n langer stokkie.
- In plaas van drukspykers kan jy ook 'n gaatjiedrukker gebruik om 'n gaatjie in elke hoek A van die windmeul te druk en dit dan met 'n lint deur 'n gaatjie in die middel van die papier te ryg.
- Gebruik 'n baie lang lint sodat die windmeul aan boomtakke, pilare of stoele vasgemaak kan word.
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.
Tools
Brigette Elmore posted an update: For more information regarding www.kutsu-torvburch.com look […]. Vandag, 14:37
Brigette Elmore became a registered member. Vandag, 14:36
klejczklejczklUF became a registered member. Vandag, 14:30
Drusilla Tremblay posted an update: For more regarding air max 1 visit http://www.ukair90.com/. Vandag, 14:07
Drusilla Tremblay became a registered member. Vandag, 14:06
















Add your comment
Comments - No comments yet