"My dogter hou nie van vleis nie"

"My dogter hou nie van vleis nie"
 
 
 

Hannah Leathem antwoord:

Ek weet presies hoe jy voel – my 5-jarige dogtertjie kou langtand aan vleis, waar my 2-jarige dit verslind.  Die goeie nuus is dat hul giere minder word na die 4de verjaarsdag. Ek het nooit vleis weggevat van my dogtertjie nie,  maar altyd n klein stukkie in haar bord gesit en gevra dat sy net proe.  

Dit is nou wel aanvaar dat ’n vegetariese dieet aan al die nutrientbehoeftes van 'n kind kan voldoen, maar dit is belangrik om te besef dat dit meer moeite gaan wees om te verseker dat sy genoeg proteiene en yster van ander bronne inkry.

Dit is essensieel om haar so vroeg as moontlik gewoond te maak aan die vegetariese voedselgroepe: grane, bone, neute, sade, suiwel, soja produkte, vrugte en groente.

Sluit 'n bron van proteiene in by elke maaltyd:

  • Suiwel: melk, jogurt, kaas
  • Tofu
  • Pulse: lensies, chickpeas, gebakte bone. (Pulse verskaf 7 uit die 9 essensiële aminosure wat jou liggaam nie kan vervaardig nie – wanneer jy dit met natuurlike stysels en heelgrane soos bruinrys, gort en buckwheat meng, verskaf die grane die ander 2 aminosure en jy het 'n volledige proteïen)
  • Sojaprodukte / sojamelk
  • Neute / grondboontjiebotter
  • Eiers (roereier, franse braaibrood, gebak, gekook, omelette, in maalvleis, in rys ingeroerbraai, hardgekookte eier, en so aan)
  • Sluit bronne van vitamien B12 gereeld in haar dieet in: Marmite, suiwel, eiers, gefortifiseerde sojamelk, vegetariese patties
  • Maak seker sy kry genoeg yster deur die volgende bronne in te sluit: appelkose, molasse, lensies, gefortifiseerde graankosse, pulse, groen groentes.
  • Kalsium is baie belangrik vir kinders:  Formulemelk of koeimelk, gefortifiseerde sojamelk, kaas, groen groentes, volgraanbrood, pulse, lensies, gemaalde amandels, gemaalde sesame sade en tofu.
 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 1 comment so far

Adele

My My dogtertjie is ook nie lief vir vleis nie, baie leer saam. Dankie
Posted on Wed, Dec 8th 2010, 15:51
 
What do you think?

What was the most expensive item you've bought for your child?

Pram/stroller
Nursery room furniture, eg cot, compactum or bed
An outfit
A toy
Other