"My kleuter wil heeltyd opstaan"

 
 
 

Rene Daniels antwoord:

Dit is frustrerend  wanneer ‘n kind hardkoppig is en nie wil slaap nie. Wees bedag vir tekens van slaperigheid soos wanneer hulle hul ogies vryf, klouerig en nukkerig word. Dwing dan die slaaptydroetine af, anders gaan hulle die hele aand rondspring en jy gaan sukkel om hulle te laat afwen om bed toe te gaan.

Kinders wat nie genoeg slaap nie kan skielik ‘n vlaag energie ontwikkel en kan ietwat hiperaktief voorkom. Navorsing toon dat tussen 20% tot 30% peuters tot 3 jaar slaapprobleme het. En die redes hiervoor is dat kinders óf te laat bed toe gaan óf nie ‘n goeie slaaptydroetine het nie.

Peuters moet verkieslik ‘n uiltjie knip vroegoggend eerder as later gedurende die dag.

Monitor hul televisieprogamme laatmiddag of saans sodat hulle nie te opgewonde of bang raak nie.

Stel grense en wees konsekwent.

Ontwikkel ‘n goeie slaaptydroetine wat gewoonlik begin met ‘n bad en hou vol met die roetine.

Peuters moet vir ongeveer 10 tot 13 ure slaap, maar sommige kinders benodig minder slaap. Indien jou kind vroeg opstaan, moet slaaptyd nie later as 20:00 of 21:00 wees nie. Sommige peuters benodig meer slaap en kan teen 18:00 al moeg wees en dit is ‘n goeie tyd om haar slaaptydroetine dan te begin.

Indien jou kind ‘n goeie woordeskat het, is dit dalk goed om ‘n te onderhandel. Byvoorbeeld, “Sal jy daarvan hou as Mamma of Pappa vir jou ‘n storie lees? Nou goed, lê in jou bed en maak jou oë toe en ek sal dit doen.”

Indien sy nog kriewelrig is, herhaal wat jy van haar verwag en indien sy nie luister nie, verlaat die vertrek vir ‘n kort rukkie en wanneer jy terugkeer, herhaal wat jy van haar verwag met ‘n ernstige stemtoon.

Jy moet onthou dat peuters sosiale wesentjies is en nie daarvaan hou om op hul eie te wees nie en daarom nie graag bed toe wil gaan nie. Maar wees ferm, want jy besluit wanneer jou kind bed-toe moet gaan en nie andersom nie.

Sommige kinders benodig die gerusstelling dat jy altyd daar sal wees, so loer nou en dan by hul kamer in terwyl sy besig is om in te sluimer. Onthou om vir jou kind te sê om in die bed te bly terwyl sy vir jou wag. Hulle raak dan gewoonlik aan die slaap.

Sommige kinders het weer hul gunsteling kombers of teddie langs hulle nodig. Ander hou weer daarvan om gestreel te word terwyl jy vir hulle ‘n storie lees. Moet egter nie langs jou kind lê nie aangesien sy moet leer om op haar eie aan die slaap te raak.

Konsekwentheid is belangrik. Sterkte!

 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 3 comments

Adele

Baie leer samm, my dogtertjie is nou 3
Posted on Wed, Dec 8th 2010, 15:41

Leilani

Ek het asb raad nodig.... stap vir stap, asb! My 4 (en 'n half) jarige seuntjie wil nie saans alleen gaan slaap in sy kamer en eie bedjie nie. Ek moet saam met hom kamer toe gaan, dan soek hy 'n leesboek uit wat ek vir hom moet lees. Ek gaan lê dan by hom op sy bed, lees die storie, soen hom en sê nag, dan gaan lê ek op die ekstra bed in sy kamer. Die deur is dan gewoonlik oop en die ligte af... soms sal hy vra dat ek sy "vissie-lig" moet aansit.... die vissies swem so in die ronde om en na 'n ruk, indien hy nog nie ingesluimer het nie, sal hy my vra om die vissies af te sit. Ek is werklik raadop, ek het al gedreig met geen lekkers, geen tv (cartoons) kyk nie, vat sy fietsie weg ens... maar nogsteeds help niks, hy gee alles prys en huil en skree dat ek by hom moet slaap. My man is nie meer baie impress met my nie, ek gaan lê half 9 saam met Luke en iewers deur die loop van die nag, raak ek wakker en gaan na my bed. Ons huwelik lei erg hieronder. Ek kan net nie maniere kry om my seuntjie te laat ophou huil en alleen in sy kamer te gaan slaap nie. Ek het ookal paar houe gegee, dit werk ook nie.
Posted on Mon, Oct 25th 2010, 11:49

mariana benade

Hi is dit nie dalk te stil in die kamer dat sy wakker word en alleen voel nie en nog iets wat jy na kan kyk of sy dalk bang is vir die donker kry sy dalk warm as sy drink as sy wakker word sal dit gou 'n gewoonte raak hoop dit help jou sterkte
Posted on Sat, Sep 11th 2010, 19:35