"Ek het 'n infeksie wat nie wil opklaar nie"

"Ek het 'n infeksie wat nie wil opklaar nie"
 
 
 

Dr. Peter Koll (ginekoloog en verloskundige) antwoord:

Die infeksie wat jy beskryf, kan verskeie oorsake hê, en ’n akkurate diagnose kan nie net aan die hand van die simptome gemaak word nie. Jy sal ’n spesialis moet gaan raadpleeg wat jou deeglik moet ondersoek.

Die oorsaak kan enigiets wees van ’n plaaslike allergiese reaksie, ’n veltoestand en ’n reaksie op al die salf en antibiotika wat jy reeds geneem het tot ’n terugkerende sproei of ander infeksie.

Toetse moet gedoen word om vas te stel watter (indien enige) infeksie jou probleem veroorsaak. Toetse moet gedoen word om suikersiekte uit te skakel en ’n biopsie is dalk nodig.

As die Pap-smeer en ondersoek normaal is, hoef jy nie bekommerd te wees oor kanker nie.

’n Oplossing sal gevind word, maar dit kan ’n ruk duur.

 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 2 comments

Zona

ek weet hierdie kom al baie later na jou vraag maar dis iets wat met my gebeur het is dis glad nie lekker nie. Ek verstaan jou dilema, maar in my geval het ek my toilet papier en seep verander. Ek gebruik nou net een soort toilet papier - vat selfs my eie papier werk toe en hou dit in 'n mooi toegedraaide boks in die badkamer. Ek kan geen seep met enige kleur middels gebruik nie, ek koop een soort en dis al amper R18 vir 100g - almal weet dat hulle nie my seep mag gebruik nie. Ek kan jou net aanraai om by jou seep te begin - en ek was nie altyd so nie - als het tydens my swangerskap begin, ek het selfs nou 'n mooi bos krulle waar voor my swangerskap ek baie reguit hare gehad het. Ek kan net vir jou sterkte toewens en hoop jy kry die oorsaak.
Posted on Mon, Mar 5th 2012, 16:26

Leoni

Jong, enige vrou wat al 'n infeksie gehad het weet hoe aaklig dit is! Ek weet nie of jou probleem al opgelos is nie, maar voel ek moet jou die raad gee wat vir my gewerk het. Ek het ook die heeltyd infeksie gekry en net sodra ek gedink het nou is dit verby het dit weer van voor af opgevlam! Dit het seker vir so 'n jaar aangehou!!! Ek het toe swanger geraak en gereeld ginekoloog toe gegaan. Na die tweede keer wat hy sproei by my geidentifiseer het, het hy vir my gesê dis glad nie normaal nie en my gevra of ek die HELE buisie salf gebruik wat hy voorskryf? mmm...Nee! Wel blykbaar as jy ophou om die salf te gebruik sodra jy beter begin voel sal die infeksie terugkeer! Ek het daarna een buisie heeltemal opgebruik - tot die laaste druppel - en nog nooit weer gesukkel met infeksie nie.
Posted on Wed, Aug 24th 2011, 13:40
 
What do you think?

What was the most expensive item you've bought for your child?

Pram/stroller
Nursery room furniture, eg cot, compactum or bed
An outfit
A toy
Other