Marie-Jeanne Kruger antwoord:
In die samelewing waarin ons grootword is daar soveel klem op hoe ons lyk dat baie van ons bereid is om gesondheid ‘n bietjie af te skeep ter wille van voorkoms. Vir ‘n vrou is haar selfbeeld baie nou gekoppel aan haar liggaamsbeeld.
Wanneer dit kom by swangerskap, is dit nie net óns gesondheid nie, maar ook dié van ons ongebore babatjie wat geraak word. Soos baba groei, sal hy/sy sy nutriënte van jou liggaam neem. Daarom is dit so belangrik dat alles wat jy eet gesond moet wees. Om die waarheid te sê, jou baba se welstand is direk afhanklik van joune. Studies het getoon dat moeders wat ‘n onvoldoende dieet volg se babas se kanse op hartsiekte, diabetes, oorgewig, beroerte en sekere geestesiektes later in hulle lewens vergroot.
Jy is reg, mens se identiteit verander wel met swangerskap. ‘n Vrou verander van iemand wat hoofsaaklik net aan haarself hoef te gedink het, na ‘n ma, moeder, ouer. Haar rol met haar maat verander, en dis vir baie van ons ‘n bietjie skrikkerig.
Probeer om te onthou dat daar ‘n nuwe mensie besig is om te groei binne jou. Fokus op die wonderwerk waarvan jy deel is. Jou liggaam doen iets wat dit nog nooit gedoen het nie – dit voed, ondersteun en ontwikkel ‘n mens! Wat ‘n asemrowende gedagte! Jou liggaam verskaf die vrugbare omgewing waarbinne baba veilig, knus en warm is.
In antieke tye is die simbool van ‘n swanger vrou dikwels geassosieer met alles wat vrugbaar en oorvloedig is. Dis net in ons maer-behepte samelewing waar vrouens wonder of hulle nog aantreklik is.
Geniet die nuwe volheid van jou borste, die rondheid van jou magie, die blos op jou vel en dikwels voller hare. Pamperlang jouself, en wys jou magie af in vleiende, modieuse klere. ‘n Vrou lyk werklik net vir ‘n paart kort maande swanger.
Daar word gewoonlik aanbeveel dat ‘n vrou van normale voorgeboorte gewig sowat 11.5 kg tot 16 kg optel gedurende swangerskap. Die meeste vroue verloor dadelik 10kg met die geboorte. Vroue wat borsvoed verloor gewoonlik op ‘n natuurlike wyse so half kilo tot ‘n kilo per maand. Die gevolg is dat meeste vroue weer by hul voor-swangerskap gewig uitkom binne maande na baba se geboorte.
Swangerskap is ‘n uitsonderlike tyd in ‘n vrou se lewe. Wanneer mens op die wonderwerk eerder as die gewig fokus, sal jy dié tyd soveel meer geniet.
Augusta Clarke became a registered member. Vandag, 14:42
klejczklejczklUF posted an update: ndbih pożyczka bez bik z internetu In whole life insurance […]. Vandag, 14:16
Ryan Wall posted an update: Here is more info on http://www.shaneru-2013.com/ visit […]. Vandag, 14:15
Ryan Wall became a registered member. Vandag, 14:14












Add your comment
Comments - 2 comments
Suzanne
Hi, ek weet gewig is en bly altyd issues by ons vroues, maar kom ek jou sê, ek het reeds 2 miskrame gehad en ons probeer steeds, maar as jy deur is waardeur die is wat sukkel, sal gewig nie 'n issue moet wees nie. Jy is geseënd om 'die' bondeltjie liefde wat jy in jou dra, se mamma te kan wees. Ja dis moelik, maar dink aan die wonderwerkie binne jouself, want dis tyd dat hy/sy, die belangrikste is in jou lewe, nie jou lyf of jou gwig nie. More of so is hy/sy gebore en slegs DAN, moet jy oor jouself begin worry. Sterkte met die reis wat voorle. Mag alles goed gaan en en en jou babatjie geseënd wees met liefde, vreugde en vrede... Slegs dan is jy belangrik.Carla
Hi Ek weet presies wat jy bedoel !! Ek het modelwerk gedoen tot voor ek swanger was en voorkoms is vir my vreeslik belangrik ! Ek is tans 26 jaar oud en dit wil vir my voorkom dat hoe meer gesond ek eet en hoe meer water ek drink hoe meer gewig tel ek op !! eks 25 weke swanger en het al 16 kg optel - voel soos n "beached whale " ! Dit was eers toe ek begin besef hoeveel mense wat sal gee om in ons skoene te wees (soos mense wat nie kan kinders kry nie) dat ek begin besef het hoe geseend ons is en dat ek nie so moet stres oor al die gewig nie want ek weet ek sal na die tyd met n goeie dieet en oefeninge weer my lyfie kan terug kry. Die gewig was n swaar pil om te sluk, maar ek geniet dit nou maar en voed eerder my seuntjie en dan vat ek die gewig verloor na die tyd as n uitdaging !! Hoop dit help Carla