Kindersielkundige Naomi van Wyk antwoord:
Ek kan glo dat jy moedeloos voel. Jy het 3 baie jong kinders om gelyk voor te sorg en ek kan net dink hoe uitputtend dit soms moet wees.
Jou middelste kind se gedrag klink vir my baie na aan normaal vir sy ouderdom. Soos kleintjies nader kom aan 2 beleef hulle soms intense frustrasie. Ek vind dat kinders wat later begin praat soms hierdie frustrasie selfs meer voel omdat hulle nie uiting kan gee aan hulle gevoelens in woorde nie. Dit is ook heeltemal normaal vir jou kind om nog nie te praat nie – sommige kleuters begin eers ná die ouderdom van 3 hulle eerste woorde sê.
Terwyl jou kleinding se gedrag normaal is vir sy ouderdom, is dit steeds nodig om perke te stel op hoe hy sy frustrasie uitdruk. Jy is reg, ek kan glo praat help niks nie. Hy is nog te klein om verduidelikings oor sy gedrag te verstaan. Hy reageer hoogs waarskynlik bloot op sy emosies sonder om te dink wat hy doen (soos meeste kinders van daardie ouderdom).
Die eerste stap is om kalm te bly en dit nie persoonlik op te vat nie. ‘n Kind wat tantrums gooi kan ‘n mens baie gou soos ‘n slegte ma laat voel. Dit is nie jou skuld nie, dis ‘n ontwikkelingsfase. Hy gaan waarskynlik oor ‘n jaar van nou vanself ‘n baie makliker kind word om te hanteer.
Die volgende ding om te onthou is dat woede, skreeu, gooi en bene in die lug skop kinders geen skade doen nie. Dit is nie afskeping of verwaarlosing om sulke gedrag min aandag te gee nie.
Ek stel voor dat jy die volgende probeer wanneer hy goed begin gooi: Sê duidelik ‘Nee’, tel hom op en verwyder hom uit die geselskap todat hy kalmeer het. Gee egter so min as moontlik aandag aan die gedrag. Kinders ervaar aandag, ook die aandag van raas en baklei, as positief en is altyd geneig om meer te doen van dit waarvoor hulle aandag kry.
Kyk uit vir kere wat hy dit regkry om nie iets te gooi nie, en prys hom met aandag wanneer dit gebeur.
Wees ook versigtig om nie vir hom die etiket van ‘moeilike middelste kind’ te gee nie. Dit is moeilik om dit weer te verander. Kyk uit vir watter positiewe dinge hom uniek maak in julle gesin en beklemtoon dit.
Ek is seker jy doen alles in jou vermoë om jou kinders ewe veel aandag en liefde te gee onder moeilike omstandighede. Probeer om nie so hard op jouself te wees hieroor nie. Jy is ook net ‘n mens met beperkte energie, tyd en reserwes. Maak seker jy maak tyd om vir jouself ook te sorg.
Naomi van Wyk is a geregistreerde kliniese sielkundige (M.Sc. Clinical Psychology (Stell.)). Sy is ook 'n ma van 2 wonderlike kinders – Nina en Charl – met 'n derde enetjie oppad. Sy het 'n privaatpraktyk in Stellenbosch, werk in die veld van oueropleiding en bied werkswinkels aan oor die voorkoming van seksuele misbruik van kinders, dissipline en potjie lesse. Vra gerus vrae in Afrikaans of Engels. Vir meer inligting omtrent haar werkswinkels, epos naomi.vanwyk@mweb.co.za. Haar boek "Veilig en Vreesloos: Beveilig jou kinders teen seksuele misbruik" word deur Lapa Uitgewers uitgegee.
mariri posted an update in the group Expecting in 2013!: hey Mommies, went for my 28 week appointment today and […]. 17de Mei. 2013, 13:30
Zama Ditlhake posted an update: hello moms to be - just to share. it is now 11 days to go […]. 17de Mei. 2013, 12:26
kopano mogorosi and Annelie Visagie are now friends. 17de Mei. 2013, 09:13
Lizelle11 replied to the forum topic in the group Afrikaanse Mammas. 17de Mei. 2013, 09:03












Add your comment
Comments - No comments yet