Jy’t nodig
- 4 mandaryne (altesaam sowat 375 g)
- 5 eiers
- 200 ml strooisuiker
- 200 g gemaalde amandels
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 50 g amandelvlokkies vir versiering
Maak so
- Was die mandaryne baie goed.
- Sit die mandaryne met skil en al in ’n kastrol vol koue water en laat 2 uur lank prut.
- Dreineer die vrugte en laat afkoel. Sny dit middeldeur en verwyder die pitte.
- Verpulp die res (skil, vlees, alles) in ’n voedselverwerker
- Voorverhit die oond tot 180 ºC.
- Smeer ’n ronde 23 cm-springveerpan met botter.
- Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig.
- Voeg die amandels en bakpoeier by en meng.
- Voeg die verpulpte mandaryne by en meng goed.
- Giet in die voorbereide koekpan en bak sowat ’n uur.
- Laat dit in die koekpan afkoel. Haal eers uit die pan wanneer die koek heeltemal afgekoel het.
- Rooster die amandelvlokkies en strooi bo-op die koek. Sit die koek met room voor.
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.
Tools
Sonia Jordaan posted an update: My LG's birthday is 9 days away 31 May 2012. I cannot […]. Vandag, 10:48
Puleng changed their profile picture. Vandag, 08:54
Sophia Swanepoel and Puleng are now friends. Vandag, 08:51












Add your comment
Comments - No comments yet