9-12 maande maaltyd

 
 
 

Ongegeurde jogurt is 'n staatmaker bestanddeel om altyd in die kas te hê. Vir babas en peuters kan jy volvet voorsit. Versoet met vars vrugte of vrugtepuree, of gebruik dit om groentedisse romeriger te maak.

Jogurt en frambose

Jy benodig:

  • 25ml vars frambose of bevrore frambose, ontdooi
  • 75ml ongegeurde of Griekse jogurt
  • Druk bessies effens fyner volgens jou baba se kou-vermoë en meng met die jogurt

SUPERWENK!

Moenie in die strik trap om vir jou baba gegeurde, versoete jogurt te koop nie. Dis duur en ongesond.


Broccoli-ham-en-kaas-muffins

Jy benodig:

  • 250ml koekmeel
  • 15ml bakpoeier
  • 'n knippie sout
  • 4 groot eiers
  • 80ml canolaolie
  • 250ml broccoli, gestoom en fyn gekap
  • 250ml ham, fyngekap
  • 250ml Cheddarkaas, gerasper
  • 2 sprietuie, baie fyn gekap
  • 10ml fyngekapte Italiaanse pietersielie
  • 10ml fyn gemaalde amandels om bo-oor te sprinkel

Metode:

  1. Voorerhit die oond tot 200°C.
  2. Smer 2 mini-muffinpanne of 1 groot muffinpan met botter of spuit met kleefwerende kossproei.
  3. Sif droë bestanddele saam.
  4. Klits eiers en olie saam en roer by die res van die bestanddele.
  5. Roer die mengsel by die droë bestanddele tot net gemeng.
  6. Skep in die muffinpanne en bak vir sowat 15-20 minute of tot gaar.
  7. Keer uit en laat afkoel op afkoelrakkie.
  8. Sit dadelik voor.

Variasie:

  • Vir 'n glutenvrye weergawe, vervang die meel met dieselfde hoeveelheid bruinrysmeel.
  • Dit gee die muffins 'n growwer, meer byterige tekstuur.
  • Jy kan ook die helfte van die olie met dieselfde hoeveelheid appelpuree vervang.
 
 
 
Helen Schöer

Helen Schöer

Helen is redakteur van Baba & Kleuter.

Volg Helen op Twitter: @babaenkleuter

Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - No comments yet