Bestanddele:
- 500 ml (2 k) skroefi epasta, gaargemaak
- 250 ml (1 k) bevrore ertjies, ontdooi en gaargemaak
- 125 ml (½ k) mozzarella kaas, in blokkies gesny
- 4 skyfi es ham, fyn gesny
- 10 kersietamaties, gehalveer
- 80 ml (1/3 k) suurroom of jogurt
- 60 ml (¼ k) tamatiesous
- 10 ml (2 t) fyngekapte vars dille of 2,5 – 5 ml (½ – 1 t) gedroogde dille (opsioneel)
Maak so:
- Laat die pasta afkoel tot kamertemperatuur.
- Meng die pasta, ertjies, kaas, ham en kersietamaties in ’n slaaibak.
- Meng die suurroom, tamatiesous en dille deeglik saam.
- Giet van die sous oor die pastamengsel en sit voor.
|
 |
VARIASIE
Gebruik stukkies gaar hoender in plaas van ham. Die pastaslaai-bestanddele kan ook in individuele bakkies voorgesit word. Dan kan elkeen sy eie slaai bymekaar sit.
Add your comment
Comments - No comments yet