Boerepastei

 
 
 

Bestanddele:

  • olyfolie om mee te braai
  • 250g maalvleis
  • 1 prei, fyn gesny
  • 2 wortels, grof gerasper
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 100g knopiesampioene, in blokkies gesny
  • 1 x 410 g-blik rooi nierbone, gedreineer
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 5ml gedroogte gemengde kruie
  • 200ml water
  • 4-6 middelslag-patats, geskil en in blokkies gesny
  • 60ml melk
  • 15ml botter

Metode:

  1. Verhit die olie in 'n diep kastrol en braai die maalvleis daarin tot dit verbruin. Hou eenkant.
  2. Braai die prei en wortels in dieselfde kastrol tot sag.
  3. Voeg die knoffel en sampioene by en braai nog ongeveer 5 minute.
  4. Voeg die bone, tamaties en kruie by en roer goed.
  5. Voeg die water en maalvleis by.
  6. Laat kook en verlaag die hitte sodat die mengsel 35 minute prut en die sous verdik.
  7. Voorverhit die oond tot 180°C.
  8. Kook intussen die patats in 'n aparte kastrol tot sag.
  9. Dreineer, voeg die melk en botter by en maak kapokpatat.
  10. Skep die maalvleis in 'n oondvaste bak.
  11. Skep die kapok bo-op en bak 30 minute in die oond.

WENK!

Die pastei kan in individeule porsies gebak word.


 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - No comments yet