Framboossoufflé

 
 
 

Jy het nodig:

  • 300g frambose
  • 30ml water
  • 125ml stroosuiker
  • 4 eierwitte

Maak so:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 4-6 individeule oondbakkies met botter.
  2. Plaas die frambose en water in 'n kastrol en bring tot kookpunt. Roer die suiker by tot opgelos en laat 5 minute prut. Die mengsel sal 'n dik pulp wees.
  3. Laat die framboosstroop deur 'n sif suig.
  4. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Voeg die framboosstroop geleidelik by en hou aan klits.
  5. Verdeel in die bakkies. Bak 15 minute en sit onmiddelik voor.
 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - No comments yet