Symptom guides

Wanneer is jou kind regtig siek?

Is jou kind se simptome so ernstig dat jy mediese raad moet inwin, of moet jy maar net wag en kyk? Ons het 'n dokter gevra vir riglyne om die besluit makliker te maak.

SHARE

 
Wanneer is jou kind regtig siek?
 
 
 
 

Babas kan nie praat en vertel waar dit seer is nie. Peuters en kleuters sukkel soms om hul ongemak te verduidelik. En daarom is ouers dikwels onseker oor die erns van ’n kind se siekte of wonde.

Jy kan oorangstig wees en met elke skeet dokter toe hardloop, of jy kan jou kind se toestand dophou en dit self probeer regdokter. Maar wat as jy te laat is en jou kind se gesondheid benadeel. Wanneer moet jy die wag-en-kyk-me tode gebruik en wanneer moet jy nie tyd mors nie? Dr. Mel Menelaou, ’n algemene praktisyn van Pretoria, deel riglyne om dié besluit makliker te maak.

Koors

Neem jou kind dokter toe as sy koors vir langer as 12 uur hoër as 37,5°C is en elke keer styg nadat koorswerende me disyne uitgewerk is, al het hy geen ander siektesimptome nie. Koors moet altyd in ’n ernstige lig beskou word.

Kopseer

Neem jou kind dokter toe as:

  • Hy ’n kopseer het wat met koors en braking gepaardgaan – veral as hy ’n onverdraagsaamheid vir lig toon, aptytverlies het en kla van stywe nekspiere. Dit kan breinvliesontsteking of breinontsteking wees.
  • Hy ’n kopseer het en sy visie aangetas is.

Maagpyn

Neem jou kind dokter toe as:

  • Hy huil van maagpyn.
  • Hy maagpyn het en opgooi.
  • Sy magie veral aan die regtersy seer is.

Dit kan blindederminfeksie wees, wat jonger kinders wel kan oorkom.

Keelseer

Neem jou kind dokter toe as:

  • Hy kla van ’n seer keel (klein kindertjies sê dikwels hulle nekkies is seer) en koors het. Sy keel sal rooi wees.
  • Sy seer keel sonder enige ander simptome langer as 48 uur duur.

Groot magie

’n Uitstulpende magie is doodnormaal by alle peuters onder 2½ jaar. Dit neem mettertyd ’n normale vorm aan. Neem jou kind dokter toe as dit met pyn, braking en diarree gepaardgaan, want dit kan ’n
derm ob struksie wees wat gevaarlik is.

Hoes

  • Neem jou kind dokter toe as:
  • Hy hoes en koors het.
  • Hy veral snags met inspanning hoes. Dit kan ’n asmatiese hoes wees.
  • Hy vir ’n taamlike ruk bly hoes en tekens van lusteloosheid toon. Dit kan tuberkulose wees.

Uitslag

Neem jou kind dokter toe as:

  • Enige uitslag met koors gepaardgaan.
  • Jou kind nie koors het nie, maar vir langer as twee tot drie dae ’n uitslag plek-plek of oor sy hele lyfie het. Jy kan dit aanvanklik net dophou en die simptome met ’n antihistamiensalf en -stropie behandel. Dit is dikwels ’n kontak- of middelallergie wat ná ’n dag of drie sal verdwyn.

Oorpyn

Moet nooit oorpyn ligtelik beskou nie. Gaan dokter toe as jou kind langer as 12 uur oor pyn het en dit met koors gepaardgaan. Verwaarloosde middeloorinfeksie kan in ernstige gevalle tot doofheid lei.

Laat jou kind ’n pynstiller drink en drup plaaslik-verdowende oordruppels in sy oortjie as dit in die middel van die nag gebeur en jy hom wil kalmeer en gemakliker maak tot jy die volgende dag dokter toe kan gaan.

Ooginfeksie

Enige oogprobleem moet dadelik deur ’n dokter ondersoek word. Ooginfeksie kan hoogs aansteeklik wees en ’n dokter moet ook ernstiger oorsake so vinnig moontlik diagnoseer.

Diarree en braking

As jou kind vir langer as ses tot 12 uur braak en diarree het, moet jy hom by ’n dokter uitkry. Hoe kleiner jou kind is, hoe vinniger moet jy by die dokter uitkom. Jy kan in die wag-en-kyk-periode by jou apteker ’n maagstopmiddel en ’n middel teen naarheid kry om die simptome te behandel (setpille werk beter veral as kinders baie
klein is).

Kinders ontwater maklik as hulle loopmagies het en opgooi; sorg dus dat jou kind baie helder vloeistof in dié tyd inneem. Water is nie altyd goed nie, want dit maak hulle gewoonlik nog naarder. Energiedrankies en Coca-Cola sonder gas is beter keuses. Moet hom nie melk of melkprodukte gee nie. Gee jou kind ook hidrasiemiddels wat jy by die apteek kan koop, om verlore elektroliete te vervang.

Pyn tydens urinering

Neem jou kind sou gou moontlik dokter toe as hy enigsins kla van pyn of ’n brandgevoel as hy piepie. Neem ’n urienmonster in ’n skoon houertjie saam sodat die dokter dadelik ’n toets kan doen om vas te
stel wat die probleem is.

Pyn in testikels

Maak sonder versuim ’n afspraak by die dokter as jou seuntjie kla van pyn in sy testikels. Hulle is gewoonlik skaam en sal eerder sê hulle magies is seer.

Lusteloosheid

Kinders wat lam en tam voorkom kan ’n infeksie onder lede hê, maar dit is weer eens dikwels ’n simptoom van iets wat emosioneel nie in orde is nie. Hou dit vir ’n week dop en as daar geen verbetering is nie, bel jou dokter.

Stuiptrekkings

Stuiptrekkings is ernstig en kan onder meer veroorsaak word deur koors (dit hoef nie eens baie hoog te wees nie), ’n suikerwanbalans, epilepsie, meningitis of ’n breinbesering. Gaan ongevalle toe.

Bysteke

  • As jou kind deur ’n heuningby gesteek is, skraap die angel versigtig met ’n mes uit (perdebye laat nie ’n angel nie). Moenie dit probeer uittrek nie. Smeer ’n antihistamiensalf aan die wond en gee ’n pynstillende stropie.
  • As jou kind enige geringe teken van ’n toegetrekte lugpyp toon, moet jy hom onmiddellik by ’n dokter kry – hy kan allergies wees en dis lewensgevaarlik. 

Kopbeserings

Kinders stamp gereeld hulle kop teen voor werpe in die huis, of val, en die gevolg is gewoonlik ’n groot, blouerige knop wat amper onmiddellik uitswel; die spreekwoordelike eier. Ysblokkies in ’n vadoek op die knop sal die swelsel effe laat sak en die pyn demp. ’n Pynstillende stropie wat nie-sederend is, sal help.

Hou jou kind goed dop en as hy binne 12 uur lusteloos raak of balansprobleme het, moet jy hom onmiddellik dokter toe vat. Dit kan harsingskudding of breinbloeding wees.

As jou kind sy kop stamp of op sy kop val en daar verskyn nie ’n knop nie maar ’n duik in sy skedel, moet jy summier dokter of ongevalle toe gaan. Dit kan breinbloeding veroorsaak.

Snye en skrape

Dis deel van grootword en oppervlakkige snytjies en skrape is nie ernstig nie. Stop die bloeding, ontsmet die wond, sit ’n salfie op en troos.

  • Lang en diep snywonde moet so gou moont lik deur ’n dokter behandel word en sal waarskynlik met steke geheg word. Gaan ongevalle toe as dit na ure gebeur.
  • As jou kind ’n snywond van enige vreemde voorwerp opdoen, moet hy ’n klem-in-die-kaak-inspuiting kry wat vir vyf jaar doeltreffend is.
  • Kry ook dadelik mediese hulp as ‘n dier jou kind byt.

Ligament- en ledemaatbeserings

Hier moet jy nie eens twyfel nie. Dis dokter of ongevalle toe sodat X-strale geneem kan word om vas te stel of iets nie gebreek is nie, maak nie saak wat die tyd van die dag of nag nie.

’n Vreemde voorwerp is ingesluk, ingeasem of ingedruk

  • Moenie twee keer dink nie – dis dokter toe en gou ook. As jou kind nie asem kry nie, moet jy na die naaste ongevalle jaag. Dieselfde geld wanneer ’n geldstuk ingesluk word.
  • Kinders doen aardige goed en kleintjies druk soms klein balletjies of soortgelyke voorwerpe in hulle neus en ore. Jou dokter sal dit verwyder. Moenie self daaraan karring nie, want die kans is baie goed dat jy dit net dieper gaan indruk en skade aanrig.

Gebrek aan eetlus

Kinders gaan deur fases en hul eetpatrone wissel soos hulle groei en ontwikkel. Dit is nie noodwendig ’n rede tot kommer nie. Hulle vergoed dikwels daarvoor deur eerder meer vloeistof in te neem. Jy kan
jou kind dok ter toe neem as hy vir langer as ’n week nie regtig eet nie. As jou kind vir ’n siekte behan- del word, gaan hy in elk geval nie lus wees vir kos nie. Sorg eerder dat hy genoeg vloei stof inkry en
moenie hom dwing om te eet nie.

Buitengewoon dors

Maak dadelik ’n afspraak by die dokter as jou kind buitengewoon baie vloeistof inneem en kort-kort wil piepie. Dit kan ’n teken van diabetes (suikersiekte) wees.

Stoelgangprobleme

  • Kinders raak van tyd tot tyd hardlywig. Vrugte sal hulle magies laat werk, maar nie alle kinders hou van vars vrugte nie. Gee dan eerder vrugtesap soos pruimsap om die dermpies aan die gang te kry. As die natuurlike manier nie werk nie, sal jou dokter iets voorskryf.
  • Ontwurm jou kinders (en die ander gesins lede) elke ses maande as julle troeteldiere het, veral katte en honde. As julle nie troeteldiere het nie, moet die ontwurming elke jaar geskied omdat kinders by maatjies in aanraking met diere kom. Vra jou apteker.

Gewigverlies

As jou kind gewig verloor sonder om enige ander siektesimptome te toon, moet jy beslis ’n afspraak by die dokter maak. Onnatuurlike gewigverlies kan ’n aanduiding van ernstige siektes soos diabetes of orgaan-kwaadaardigheid wees. Wanneer jou kind ook hoes kan hy tuberkulose onder lede hê. Ge- moedsversteurings kan ook die oorsaak van gewigsverlies wees.

 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 10 comments

Hanlie

Ek speel dagmoeder vir n nou, nege maande oue dogtertjie van half sewe soggens tot half sewe saans en soms as my man laat werk, slaap sy oor. Sy is pragtig soet en baie gesond, was nog nooit by n dokter tot nou toe. Ons is baie dankbaar daarvoor. Sy is vriendelik en leer vinnig. Sy slaap minstens 10 ure n nag, maar slaap ook bedags omtrent drie ure lank. Is dit normaal? Almal sê ek moet haar dokter toe vat dat hul kyk of sy n tekort het. Sy eet baie goed, alles wat ons eet en ek gee ook n supliment in haar melk wat die apteker gegee het, omdat sy op beesmelk is.
Posted on Tue, Jun 10th 2014, 14:57

Charelene Douglas

My dogtertjie is 4jr oud het slegte mangels .Kort kort moet sy Dr toe,,ontwikkel n hoe koors... kan nie eet ni en huil ook van vreeslike oorpyn, Dr skryf antibiotika voor.,,, stel ook voor ons moet haar mangels laat uithaal ,,,sy se elke aand haar keel is seer sy voel ni lekker ni,,,, .het agter gekom dit kom voor wanneer sy moeg is...Sy is ook baie Hiperaktief,, Ek gee elke oggend en aand vir haar 5ml " Quietude " dit verig wondere ....Sy het nog nie al haar inspuitings gehad ni...huidiglik is ons ni op medies ni,, Hou ni van groente of vrugte ni ...lief vir Mash,, Sop,,somtyds Rys en Maalvleis Drink baie Juice soos Lemoensap lief vir brood met smeerkaas is dit normaal...,,
Posted on Fri, Mar 14th 2014, 12:14

Carina

My kind is nou n jaar en 2 weke oud. Hy het die afgeloope week begin hoes. sy bors krap nie maar hy hoes regtig sleg en baie. bedags hoes hy hom self wakker en snags klink dit of hy nie asem kry as hy klaar gehoes het. Ek het hoesgoed probeer en dit raak nie beter nie.
Posted on Thu, Dec 5th 2013, 11:01

Alicia

Ek vat vandag my dogtertjie van 2 jaar dokter toe omdat ek glad nie daar onder by haar kan was of afdroog na sy gebad het nie. sy skreeu al kla as ek haar net wil uit trek vir bad en hou daar onder toe. Maar ek mag haar doek reil en af vee na sy gepottie het. Ek weet nie wat aan gaan nie sy was nooit so nie tot so week of 2 terug. Ek so bang om te hoor wat se die dokter.
Posted on Mon, Nov 11th 2013, 11:22

Anette Walters

Sjoe, dit is seker nou maar een van die slegste dinge wat daar is: SIEK KINDERS!!! ...ek moet byvoeg, ek het ook al my "fair share" op Mediclinic se "lazy boys" gehad! My seuntjie (nou amper 2) was VIER keer, (Ja! Niks minder as 4) in 'n tydperk van 9 maande gehospitaliseer! 1Junie 2012: RSV, 22 Junie 2012: Asma agv die RSV, Januarie 2013:"Streptococcus Pneumoniae" ...dit was 'n BAD ene, word voorkom deur die Prevanar inspuiting en volgens my was hy op datum! Klein fout van die kliniek suster, ne? ...en laastens Maart 2013: Maag griep! Sy sussie wat 17 maande ouer as hy is was nie EEN enkele dag nog siek van Maart 2011 af nie, sy het begin swem op 16 maande, Winter en Somer!!! Het dieselfde met boeta probeer, hy het op 15 maande begin swem!!! Ek kan met ALLE eerlikheid se, my kinders is die GESONDSTE wat hulle nog was!!!! Ek GLO met my hele hart en siel dis agv die swem!!!! Wil Baba en Kleuter nie vir ons bietjie 'n artikel oor die voordele van Winter swem skryf nie???? PLEASE?????
Posted on Fri, Jun 21st 2013, 20:22

Maryke

Hi Tasha Met my seuntjie se 2jr ondersoek het sy pediater vir my 'n voorskif gegee vir goed vir ontwurming. Ons het geen troeteldiere nie. Maar hy het wel al kontak gehad met troetel diere! Ek sou sê jy moet met jou Pediater of jou dokter praat of dalk net jou apteker!
Posted on Fri, Jun 21st 2013, 14:39

irma coetzee

Hi my dogter is 4 dae van veertien af, sy het aanhoudende pyn aan die regterkant van haar maag as sy op har regter voet trap dan se sy sy kry seer, was al by drs. (ensovoorts). Elke keer is die groot woord SPANNING ingebring, April verlede jaar het sy n sist op haar eiestokke gehad en dieis vewyder......so sy is nou al soveelkeer deur medikasie en dit pyn neg steedts, sy is n kint wat nie kan stil sit nie en doen baie sport. (asseblief) help groot seblief
Posted on Wed, Jan 30th 2013, 23:58

mev trishka

Hi ek is doof. My kind is 4 jaar oud, hy bly nou en dan kry hy kop seer. Ek wil weet hkm kry die kinders op sy ouderdom? Wat kan dit wees? Of is dit n normaal?
Posted on Wed, Nov 28th 2012, 21:38

Linda

my kind 11 jr het plat op sy maag geval van swaai af en sy wind uitgeval, hy kla dat dit seer is op die krop van sy maag moet ek bekommerd wees?
Posted on Mon, Jul 2nd 2012, 15:56

Tasha

Ek het 'n vraag vir mammas, ons het onlangs agter gekom ons katjie, wat so maar mande terug ontwurm is het wel wurms, ons het dadelik al die diere ontwurm en sal weer so maak elke paar maande vir die volgende ruk. My bekomernis is dat ons 'n 11 maande oue seuntjie het wat met al die diere in kontak is. Kan ek hom ontwurm? is dit veilig vir hom. Dankie vir die hulp
Posted on Tue, May 15th 2012, 09:24
Mom to Mom Feed
Poll

What do you buy online?

Nappies
Clothing
Toys
Books, DVD's, CD's