Changing body

Swangerskap-hoofpyne, sooibrand & ander skete

Naar? Toe neus? Sooibrand? Hardlywigheid? Aambeie? Hoofpyn, jukkende vel of opgeswelde voete? Hier's 'n paar wenke om swangerskap makliker te maak.

SHARE

 
Swangerskap-hoofpyne, sooibrand & ander skete
 
 
 
 

Naarheid:

Byna die helfte van alle swanger vroue beleef naarheid, veral soggens. Vroue met ’n tekort aan sekere voedingstowwe is meer geneig tot naarheid, hoewel swangerskapverwante hormone die eintlike sondaars is.

Dié hormone skiet die hoogte in gedurende week nege en tien van jou swangerskap en dis wanneer vroue op hul slegste voel. Onthou, naarheid kan ook jou liggaam se manier wees om ontslae te raak
van gifstowwe. Troos jou daaraan dat die meeste gevalle van mislikheid net in die eerste trimester voorkom.

Raad

Eet gesonde kos waarvan jy hou. As jy nooit ’n Brusselse spruitjie oor jou lippe kon kry nie, is die kans skraal dat jy nou daaraan gaan smul. Eet gereeld, want dit stabiliseer jou bloedsuikervlak.

Vroue het meer vitamien B6 en B12, foliensuur, yster en sink gedurende swangerskap nodig en naarheid is dikwels ook die gevolg van te min sink in jou liggaam. As jy baie opgooi, kan jy ’n magnesiumtekort ontwikkel. Sommige vroue sweer daarby om soggens sodra hulle wakker word ’n Provita of Mariebeskuitjie te eet.

Drink baie vloeistowwe, veral water. Gemmer is ook ’n krui wat naarheid teëwerk; skop die dag dus af
met gemmertee – dit is ook ryk aan sink – of eet ’n gemmerkoekie as ’n peuselhappie. Die homeopatiese middel Magen-druppels bied veilige verligting van naarheid.

Toe neus

Party vroue sweer hul neus raak verstop die oomblik dat hul hoor hulle is swanger – en dit is heel moontlik as gevolg van waterterughouding of opgeswelde asemhalingsmembrane weens al die ekstra vloeistof in jou liggaam.

Sommige vroue neem meer suiwel- en graanprodukte in tydens swangerskap en dit kan ook die oorsaak van die toe neus wees.

Raad

Gebruik die weefselsoute Nat mur en Nat sulph om die vloeistofbalans in die weefsels te reguleer en die verstopping van die neusgange te verlig. Neem een tablet van elk drie maal per dag.

Probeer ook die homeopatiese neussproei Nasenol. ’n Neussproei soos Iliadin is ook veilig tydens swangerskap, maar mag nie langer as vyf dae aaneenlopend gebruik word nie omdat dit ’n teenoorgestelde uitwerking tot gevolg kan hê.

Sooibrand

Tot 80 persent van swanger vroue ly aan sooibrand. Dit ontstaan omdat buikspiere rek en die kleppie tussen die slukderm en maag ’n bietjie oopgelaat word pleks daarvan om soos gewoonlik dig te sluit. Die vloeistowwe in die maag stoot dan in die slukderm op en dit veroorsaak sooibrand.

Dit raak ongelukkig erger namate die swangerskap vorder.

Raad

Sooibrand is gewoonlik erger saans of sodra jy gaan slaap. Probeer om nie te eet kort voor slaaptyd nie en vermy veral groot etes saans ná ses.

Slaap op twee of meer kussings om jou bolyf effens te lig – dit sal jou spysverteringskanaal
afwaarts laat lê. Die meeste teensuurmiddels soos Gaviscon en Rennie is veilig gedurende swangerskap, maar moenie te veel teensuurmiddels gebruik nie aangesien jy reeds tot meer alkaliniteit geneig is.

Beperk jou inname van skerp, vetterige en ryk kos. Gebruik die homeopatiese middel Magen- druppels en die weefselsout Nat phos.

Hardlywigheid

Progesteroon speel ’n baie belangrike rol in jou swangerskap, maar ongelukkig vertraag dit ook die peristaltiese bewegings van jou derm. Hardlywigheid is dus ’n algemene swangerskapskwaal.

Baie van die aanvullings wat vroue gebruik wat spesiaal vir swangerskap bedoel is, kan ook hardlywigheid veroorsaak. Moenie lakseermiddels gebruik terwyl jy swanger is nie, aangesien baie nie geskik is nie.

Raad

Oefen gereeld. Gaan stap vinnig en ver en drink baie water. Drink ’n koppie afgekoelde kookwater as jy soggens opstaan en saans net voor jy gaan slaap. Eet baie vesel en minstens vyf vrugte per dag.

Gebruik ’n aanvulling van ’n omega 3-ryke olie soos lynolie, vlasolie of visolie as jou stoelgang droog en krummelrig is.

Segiro-druppels is veilig tydens swangerskap en wonderlik vir hardlywigheid wat met opgeblasenheid gepaardgaan.

Aambeie

Aambeie is ’n vorm van spatare in die rektum en anale gebied en dit kom voor as ’n los velaanhangsel of selfs druifagtige trossies wat by die anus uitsteek.

Die belangrikste oorsake van aambeie tydens swangerskap is die ekstra gewig wat jy dra wat druk in die bekken veroorsaak. Hardlywigheid is ook ’n oorsaak.

Aambeie moet behandel word om te voorkom dat dit vererger tydens kraam.

Raad

Eet gereeld vrugte en vesel om hardlywigheid te voorkom. Gebruik die weefselsoute Calc fluor en Ferrum phos om die bloedvatwande meer elasties en sterker te maak. Jy kan Anethaine, ’n aambeisalf, aanwend.

Probeer om nie onnodig gewig aan te sit nie omdat dit ook aambeie veroorsaak.

Superwenk:

Eet minste vyf vrugte per dag, maar verkieslik nie piesangs nie, aangesien die vrug weer sommige mense hardlywig kan maak. En drink tot 2 liter water per dag.

Hoofpyn

Sommige vroue wat nooit voorheen las gehad het van hoofpyn nie, kla soms daaroor tydens swangerskap. Hoofpyn vroeg in die swangerskap is gewoonlik nie so ernstig nie, maar dié wat
in die tweede en derde trimester voorkom, moet in ’n ernstiger lig beskou word.

Raad

Beproef die weefselsout Mag phos. Drink twee tablette minstens drie maal per dag, gevolg deur ’n warm drankie soos rooibostee.

Plaas ’n koel waslap op jou voorkop. Parasetamol soos Panado is veilig tydens swangerskap, maar raadpleeg eers jou dokter. Handhaaf ’n goeie postuur en sorg dat jy gereeld goed strek. Probeer om meer te rus met die gordyne toegetrek en ‘n ligte kussing oor jou voorkop en oë.

Vel wat jeuk

Die maag, borste en sitvlak jeuk dikwels as ’n mens swanger is. Sommige vroue kla selfs dat hul labia, boarms en bobene jeuk. Dit word toegeskryf aan die vel wat rek en hormoonveranderinge.

Die gejeuk is nie ernstig nie, maar wel irriterend.

Raad

Drink die weefselsout Nat mur drie keer per dag en wend Natura se vitamien E-room aan. Gebruik spesiale rome vir swangerskap en olies soos Bio-Oil. Voeg ’n pot rooibostee en ’n hand vol koeksoda by jou badwater om die vel te streel.

Swelsel

Geswelde bene en matige waterterughouding is algemeen tydens swangerskap en gewoonlik glad nie so ernstig nie. Swelling kan verskeie oorsake hê – jou bloedvolume en bloedvatnetwerk neem geweldig toe en die verhoogde vloeistof- lading van die liggaam kan lei tot ernstige vloeistofterughouding in die liggaamsweefsels.

Dit word vererger deur die druk waaronder jou bloedsomloop verkeer as gevolg van die gewig van die swangerskap op die belangrike bloedvate in die buik, wat die bloedvloei minder doeltreffend as gewoonlik maak.

Die hart moet baie harder werk om die verhoogde volume na die hande en voete te pomp, met die gevolg dat die gedeeltes die meeste geraak word en dat bloed daar versamel.

Raad

Gaan stap elke dag minstens ’n halfuur flink, veral as jy weens jou werk baie staan of sit. Gebruik die weefselsoute Nat mur en Nat sulph om die vloeistofvlak in jou liggaam te help balanseer. Drink een tablet drie keer per dag.

Rus genoeg en lig jou voete of sit dit in koue water om die swelsel en pyn te verlig.

Superwenk:

Moenie jou enkels of knieë kruis wanneer jy sit nie. En doen enkel- en kuitoefeninge terwyl jy sit om jou bloedsomloop te stimuleer.

 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 24 comments

Lee

Hi ek is 7weke swanger, ek het hartkloppings wil net weet of dt normal is. Ek stress btjie bje, maar wys dit nie uit nie. En ek try my kalm hou.
Posted on Wed, Nov 12th 2014, 07:58

beudene

Hi x wil weet tydens x is nu amper 9weke swanger maar x kr verskriklik swaaibrand my kop bl dronk x raak ni uintlik naar ni maar x bl i duk gevoel op m maag kr nd hardlywigheid speel so 3keer in i maand i groot rol wat m verskriklik ongemaklik laat voel nd is dt gevaarlik om oka pyp te rook tydens swanger skap wnt x kn nt ni di reuk weerstaan ni
Posted on Thu, Jul 31st 2014, 10:15

shannon

Ek wil graag weet,ek vermoed ek is swanger,ek was mal om oka pipe te rook maar deesdae raak ek naar vvir amper alles,ek kan nie sonder a sterk lekker of bubbelgum loop nie,x het twee weke terug a tys swangerskap toe gneem nd dit was negatief,my lyf is gereeld lam,slaap baie,eet nie regtig nie nd bly moeg.ek kry sooibrand enige tyd vani dag,nd gooi gereeld op ook net waterrig goed,moet ek nog wag of moet ek by die dokter uitkom?
Posted on Sun, Jun 22nd 2014, 21:53

oogies

Hi ek vermoed ek is swanger ek is duislig in die ogend ek Sukel met hoofpyn ek pie gereeld ek raak naar as ek sekere Kose ruik en dit is ongemaklik vir my as ek op my maag le ek het N toets hevat maar hy se negatief eenage raat sal help asb
Posted on Tue, Apr 22nd 2014, 11:40

Nathasia

Hi, ek is nou 7 maande en n week swanger, dis nou al amper n week wat die sooibrand my baja erg dood maak, en d 3 de aand wat ek ini middel vd nag wakker word en moet hardloop vir die toilet agv brakinng, en dit maak my baie seer om my maag, en ook onlangs wat gebeur is dat ek in die nag myself wakker kreun wan pyne on my maag, voel amper soos kontraksies maar glo seker dit is nie, wat kan al die skete veroorsaak, ekt n moeilike swangerskap al my 3de een, al gewonder of ek nie vroeer gaan kraam ni,help asb!
Posted on Thu, Apr 3rd 2014, 00:56

Ricky-lee

as mens swarger is kan mens maagkrape kry
Posted on Thu, Feb 20th 2014, 12:51

Joey

Ek is nog nie 100% seker of ek swanger is nie. Ek wil graag weet hoe vroeg kan mens al weet of jy swanger is? Ek het al 2 keur 'n skyn swanger skap beleef waar ek al die semtome ge kry het, vol seer borste, sooibrand, naarheid. en so dra ek my laat toets al is ek 'n week laat dan is die toets negatief. Ek wil nie meer my moet daar op sit nie. Want ek sien nie kaans vir nog 'n teleer steling nie, Ek wag nou vir my menstrasie. as dit nie kom nie sal ek 'n tys swangerskap toets doen. Dis net vir interisantheid dat ek wil weet om dat my suster met haar dogter se swangerskap op 2 weke al geweet het sy is swanger. En dis vir my vreemd, Op hoeveel weke begin mens agterkom van naarheid en sooibrand en seer borste? en die res van die tekens. Al is dit eers meer bevestingind na jou eerste oorslaan van menstrasie. En selfs dan kan dit nog 'n ligte boedafsky wees wat jou laat dink jy is nie swanger nie, En die ander kant wil ek weet hoe kan somege vroue nie weet as hulle swanger is nie? Op 6 mande beweeg die kind al aktief. hoe kan hulle nie die bewegings voel nie? Hoop julle kan my vra bandwoord,
Posted on Sun, Feb 16th 2014, 13:18

lensie

Hi ek is tans 16 weke swanger en het nou al vir drie dae aan een maagwerkings . Moet ek by n Dr ytkom of is dit deel van swangerskap.
Posted on Wed, Dec 18th 2013, 11:12

veronica

Wil graag weet ek is 3maande swanger en sit nu met tand wat los is en pyn wat kan ek bruik en kan ek dit uittrek
Posted on Wed, Sep 18th 2013, 17:57

ANTIONETTE

EK IS NOU AMPER 14 WEKE SWANGER EN IS DIE AFGELOP 3 WEKE MET HOOFPYN EN DUISLIGHEID IN DIE OGGEND EN UITASEM AS EK NET IETS VINNIG DOEN, EK HET OE WAT BRAND IN HUL KASTE EN IS ROOI IN DIE OGGEND AS EK OPSTAAN. HELP MY EK IS BEKOMMERD. EK WAS NOU 'N WEEK TERUG VIR MY SONAR EN BABA IS MOOI EN HARTJIE KLOP STERK MY DOKTER LYK HAPPY MET ALS.
Posted on Wed, Sep 18th 2013, 11:51

Roelien

Ek is nou 34 weke swanger en het klein knoppies op my voete maar by my enkels jeuk die knoppies baie en dan krap ek myself wakker, is daar iets wat ek kan aan smeer want die klein knoppies raak blasies wat iriteerend is. Help asb!
Posted on Mon, Sep 2nd 2013, 02:07

angela

X het 2weke gelede I aborsie gehad en I week da na het x sex gehad en dit voel of x alwee swanger is kan dit dalk wees
Posted on Sun, Aug 25th 2013, 12:55

Gert

As jy sex gehaat het op die laaste dag van vroue tyd hoelank voor jy n swagerskap toets kan doen
Posted on Thu, Aug 22nd 2013, 10:19

Ella

Goeie dag my dogter is 3 weke swanger,en ondervind lae abdominale pyn! Kan julle asb terugvoer gee of dit normaal is en of daar rede tot kommer is!
Posted on Wed, Aug 7th 2013, 11:29

Anel

Goeie dag Ek is 4 weke swanger,ek en manlief het KI gedoen wat gewerk het!!! ondervind lae abdominale pyn! Kan julle asb terugvoer gee of dit normaal is en of daar rede tot kommer is!
Posted on Thu, Jul 4th 2013, 06:53

Christine

Wat help vir seer lieste? Dr se baba le laag,dus le hy/sy my ligamente vas. Is ongelooflik seer. Eks tans 31 weke swanger.
Posted on Tue, Jun 18th 2013, 15:23

Heleen

Wat kan n swanger mamma nog eet as sy nie mariekoekie of profietas het nie
Posted on Thu, Jun 13th 2013, 10:36

Kathleen

Hi, ek wil net weet wat is die kanse dat 'n vrou kan swanger raak as sy opgebind is.
Posted on Thu, Jun 6th 2013, 11:27

bianca

Ek wil graag weet as jy een keer seks gehad het en omtrent 2 weke na die tyd jou menstruasie kry,kan jy moontlik swanger wees.
Posted on Tue, May 28th 2013, 21:27

Eloise

Ek wonder of julle raad het. Ek is 22weke swanger en my boude raak lam en brand! Dit klink snaaks maar dit is baie ongemaklik en seer. Asb. Help met raad.
Posted on Sat, Mar 9th 2013, 20:03

trudi

ek will net seker wees kan mense swanker raak twee weeke na jou period. {Hi Trudi, dit hang af hoe lank jou siklusse is. Maar in 'n algemene 28-dae siklus sal jy ovuleer rondom dag 14, so dan is jy vrugbaarste 2 weke na jou laaste menstruasie begin het. - Sophia x}
Posted on Wed, Feb 13th 2013, 18:50

lucinda

Dankie vir die wenke en raad! Dit is my tweede swangerskap waar amper alle simptome bo my die keer aangeval het, met vorige swangerskap het ek nie eens swanger gevoel tot die kleinkie gebore was nie, jul raad help my baie dankie! Net een vraag by asb.. ek is omtrent 4 maande swanger en begin nou amper elke dag kop kloppende hoofpyne te kry, Panado het nog nooit vir my gewerk nie dus help dit ook nou glad nie. Watter ander middels is nog vir swangervroue beskikbaar?
Posted on Tue, Dec 11th 2012, 14:49

shamiela

die inligting oor naarheid ek hoop maar dit gan werk ek is baie honger en kan nie eet nie agv die naarheid Baie Dankie
Posted on Wed, Oct 3rd 2012, 15:36

Tina Brynard

Hoeveel kos dit?
Posted on Wed, Feb 1st 2012, 17:20