5 Moets & moenies van swangerskap

Nou dat jy weet jy swanger is, is daar ’n paar lewensstylveranderinge waarna jy moet kyk

SHARE

 
5 Moets & moenies van swangerskap
 
 
 

Die moets:

  •  Geen aspirien

n Normale dosis aspirien kan ernstige gevare vir ’n ma en ongebore baba inhou. Van dié gevare kan eers met die geboorte duidelik word, wanneer kwaai komplikasies met die ma se bloedvloei kan intree. As aspirien naby die einde van die swangerskap geneem word, kan dit die hormone inperk wat die geboorteproses stimuleer en só die swangerskap verleng of die geboorte vertraag.

Daar is ook studies wat bewys het dat die gebruik van aspirien tydens bevrugting of vroeë swangerskap kan die kans op ’n mis-kraam verhoog. Aspirien is ook al die skuld gegee vir ’n plasenta wat skeur.
Ander medisyne wat gevaarlik kan wees tydens swangerskap is dié met ’n anti-inflammatoriese komponent soos ibuprofeen en sekere soorte antibiotika.

GRYS GEBIED: Daar is wel goeie redes waarom ’n dokter ’n baie lae dosis aspirien kan voorskryf, maar dit is vir spesifieke toestande soos kwaai diabetes, preëklampsie en nierprobleme.

  • Moenie op jou rug slaap nie

Wanneer jy op jou rug slaap, kan die druk op jou liggaam ’n baie belangrike aar, die inferior vena cava, toedruk. Hierdie aar bring bloed van jou bene terug na jou hart toe en as dit toegedruk word, beteken dit die bloedsomloop na jou baarmoeder en dus die fetus word beperk. Jy moet veral probeer om nie in jou derde trimester op jou rug te slaap nie, want dan is jou baarmoeder swaarder en die druk op jou are soveel meer as jy te lank op jou rug lê.

'n Rugslapery kan ook rugpyn veroorsaak, asemhaling bemoeilik en tot lighoofdigheid lei.
Pleks van op jou rug kan jy liewer op jou sy lê met jou bene opgetrek. Die heel beste posisie is op jou linkersy, want só vind die meeste bloedvloei na jou baarmoeder en die fetus plaas.

  • Moenie ‘n dieet aanpak nie

 ... maar moet ook nie vir twee eet nie!

Ja, jy gaan gewig optel – maar jy kan die oortollige vetjies maklik ná die geboorte danksy borsvoeding en met ’n dieet afskud. As jy tydens jou swangerskap op ’n dieet is, loop jou ongebore baba die gevaar om te min van die voedingstowwe te kry wat hy so bitter nodig het om te ontwikkel. Swangerskapsdiëte het al die skuld gekry vir van lae geboortegewig tot geboorte-afwykings soos ’n brein en ruggraat wat nie ten volle ontwikkel het nie.

Eet genoeg vars groente en vrugte, volgraanbrood, omega 3-verrykte eiers, laevet-melkprodukte en kry hope vitamiene in sodat jy ’n gesonde gewigstoename kan handhaaf. Eet gesonder en beperk ongesonde gewoontes, soos te veel suiker.


GRYS GEBIED:
Sommige oorgewig vroue word wel aangeraai om op ’n dieet te gaan wanneer hulle swanger raak, maar dit mag net onder die toesig en leiding van ’n dokter gebeur.

  •  Moenie (sommer) x-strale laat neem nie

Die neem van X-strale tydens swangerskap is nog baie omstrede. Verskillende studies gee verskillende riglyne oor die uitwerking van X-strale op die fetus, en jy moet dit dus liewer vermy.

Hoewel meeste bronne sê die risiko vir ’n fetus is baie skraal, kan X-strale moontlik lei tot komplikasies met die groei en ontwikkeling van die fetus asook siektes, soos sekere soorte kanker, in die kinderjare.
n Onlangse studie in Amerika het getoon dat ’n swanger vrou van wie se tande X-strale geneem word, se baba ’n drie keer groter kans het op ’n lae geboortegewig.

GRYS GEBIED: Daar is ook erkende navorsing wat beweer X-strale van die mond hou bitter min gevaar vir die fetus in. Daar is ook ’n siening dat ’n lae dosis bestraling geen skade aan die fetus aanrig nie en dat veral X-strale van die kop, arms, bene en borskas van die ma veilig is omdat dit nie die fetus bereik nie.

X-strale kan wel noodsaaklik wees vir die gesondheid of selfs oorlewing van ’n swanger vrou, soos ná ’n motorongeluk. As jou dokter aandring dat jy X-strale laat neem, sal spesiale maatreëls getref word om die fetus te beskerm.

  • Moenie rook, drink of dwelms gebruik nie

Die meeste van jou ongebore baba se organe en liggaamstelsels word in die eerste 10 weke van swangerskap gevorm en daarom behoort dwelms, sigarette en alkohol ’n groot taboe te wees terwyl jy swanger is.

Dwelmgebruik, rook en alkoholmisbruik is nie net sleg vir jou eie gesondheid nie, maar kan die baba se groei en ontwikkeling ondermyn en soms onomkeerbare skade aanrig.

Geboorte-afwykings wat veral met alkoholmisbruik tydens swangerskap verbind word, sluit in abnormale ontwikkeling, hart-afwykings en in die geval van hewige misbruik, verstandelike gestremdheid.
As jy dwelms gebruik terwyl jy swanger is, kan dit jou ongebore baba se organe beskadig, inmeng met haar normale groei en ontwikkeling, haar senuweestelsel aantas en jou kans op ’n miskraam verhoog.
Sigaretrook word beskou as ’n oorsaak van baie miskrame, vroeë geboortes en beperkte groei van die fetus. Die fetus het suurstof nodig om te kan groei en wanneer jy rook, word jou longe se vermoë om suurstof op te neem en aan die fetus te gee, beperk. Daarom sê kenners swanger vroue wat rook, se babas kan uiteindelik stadiger in die baarmoeder groei as dié wie se ma nie rook nie.

GRYS GEBIED: Die meeste mense stem saam dat dwelmgebruik en rook taboe is vir swangeres, maar baie swanger vroue voel dis aanvaarbaar om af en toe ’n glasie wyn te drink. Maar omdat die uitwerking van selfs klein hoeveelhede alkohol nie met sekerheid vasgestel kan word nie, is dit veiliger om daarvan weg te bly.

En nou vir die moets

Vra jou dokter: Skryf al jou vrae neer en neem dit saam na jou doktersbesoeke. Moenie skaam wees om dit te vra nie, veral as dit jou eerste swangerskap is.

Foliensuur: Kry genoeg foliensuur in omdat dit help met die groei en ontwikkeling van jou baba. Dit kan ook geboorte-afwykings soos spina bifida voorkom.

Voorgeboorteklasse: Woon voorgeboorteklasse by om julle voor te berei op die geboorte, borsvoeding en versorging van die baba ná die geboorte.

Noodhulp: Volg ’n KPR- en noodhulpkursus sodat jy die nodige kennis, en selfvertroue het om op te tree in noodsituasies, veral by die huis met die nuwe baba.

Hou boek: Neem baie foto’s en hou dagboek van jou swangerskap sodat jy dit eendag saam met jou kleinding kan herleef.    

 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 14 comments

geraldine

Ek is 22 weke swanger sit met baie erg tandpyn. Het iemand raad.
Posted on Sun, Jan 5th 2014, 21:47

Monika

Ek is 16 weke swanger en het verskrilkike tand pyn. Is daar enige iets wat ek kan doen en gaan dit nie nadelig wees vir die kind as ek tandarts toe gaan nie.
Posted on Tue, Nov 26th 2013, 20:18

Alicia FOurie

Ek is tans 26 weke swanger en wil uitvind of dit gevaarlik is om op die stadium op kabelkarretjie kan ry? Ons beplan om naweek in September weg te gaan dan sal ek 31 weke wees. Enige iemand met terugvoering sal waardeer word.
Posted on Sun, Aug 11th 2013, 19:50

tania

Hey daar ek wil graag weet wats die beste n keiser of normaal kraam eks nou 20weeke swanger en dit is my eerste swangerskap baie dankie lekker daggie
Posted on Wed, May 22nd 2013, 11:57

yolandi

ek is 6 weke swanger en verskriklik bang ek het nie n ma of n ouer suster wat ek kan raad vra nie Dit maak dinge vir my nog moeiliker ek is so bang ek mis iets of ek doen iets verkeerd enige raad asb is welkom . Ek is so siek ek neem aan dit is die morning sickness waarvan almal praat maar ek hou nie op om naar te wees nie en op te gooi nie en dit is ook nie net in die ogende nie dis die hele tyd en ek sukkel om my kos in te hou help asb !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Posted on Wed, May 8th 2013, 09:01

hester

Wil net uit vind as jy aan bloeraremoede ly. Kan dit jou baba eenig skade aan doen. En as jy n kind verloor het omdat daar n proebleem is met sy brein. Kan dit wees van dit asb help [Hallo Hester, ek weet ongelukkig nie. Vra gerus jou dokter, of epos vir yolandi@babaenkleuter.co.za sodat sy vir ons kenners kan vra. Sterkte. Sophia x]
Posted on Tue, Jan 22nd 2013, 20:00

benita

mariska, probeer normaal kraam, jou hersteltyd is soveel vinniger as met 'n keiser! ek moes n nood keiser kry, my vriendin het normaal met haar eerste kind gekraam, maar moes noodgedwonge tweede keer keiser, sy't ook gese, normaal ver bo keiser!
Posted on Thu, Dec 27th 2012, 14:29

JULIANA

hey daar ek het n gevoel gehad en ek het daar voor kliniek toe gegaan en hulle het my toe gese ek is swanger en hulle het toets gedoen en toes het gese ek is swanger maar nou will ek graag raad he ek was nou al twee mande terug by die kliniek en het my geboek ver di maand maar wil ek graag weet of nog steed my menstruasiesuklus moet kry.want ek kry dit nog steeds no wonder ek somer of dit reg moet wees
Posted on Sat, Nov 17th 2012, 11:47

mariska

hi daar ek is nou 24 weke swanger,ek wil net weet wat is die beste vir my en die baba-normaal kraam of keiser? dis my eerste swangerskap en ek weti wat om te doen nie ek is bang vir altwee.... dankie
Posted on Mon, Sep 24th 2012, 10:46

Candice

Hi daar ek het 'n vriendin wat met tik gedurende haar swangerskap getik het. Nou verneem ek dat haar vrugwater min is. Wat kan die nagevolge van hierdie dwelm op haar ongebore baba het. Ek weet nou nie hoe gereeld sy dit gebruik het nie. Enige raad eks baie bekommerd.
Posted on Wed, May 16th 2012, 13:29

bianca

eks 5maande 3weke en 6dae swanger ek kry ongelooflike pyne in my linker sy en en bietjie verder op in my rug!!! ek kan nie slaap nie want maak nie saak hoe ek le nie dis seer. hoekom het ek seer!!!
Posted on Wed, May 9th 2012, 14:03

KAREN WAGENAAR

MAG N SWANGER VROU PRAWNS EET
Posted on Fri, Mar 9th 2012, 14:37

Vanessa

Graag wil ek net verneem, mag n voetspa gebruik word gedurende jou swangerskap en kan dit die swelling van voete verlig.
Posted on Fri, Dec 30th 2011, 16:58

hermien

ek wil net graag weet. my vriendin is 6 maande swanger en kry partykeer erg hoofpyne. as sy byvoorbeeld n hoofpyn pil met die naam van accurate gedrink het wat sal gebeur? kan die baba nou iets oorkom? is dit nadelig vir di baba?
Posted on Tue, Nov 9th 2010, 11:23