Groot boude, ongemak, sooibrand, bene wat kramp, puisies wat kom en gaan ... Dis net ’n paar van die
dinge wat gepaardgaan met swangerskap en veral myne die afgelope maand.
Sonar
Maar een sonar en al die slegte ervaringe verdwyn binne sekondes. Ons laaste sonar was wonderlik. Dit was op 22 weke en drie dae en sy is baie gesond, weeg al 450 g en is 27 cm lank. Ek wonder heeltyd of sy nie dalk ’n bietjie ongemaklik daar binne is nie. Maar blykbaar is babatjies baie soepel.
Dit voel ook vir my of elke sonar nou meer en meer soos ’n deurmekaar blapsie begin lyk. Dis nie soos ons eerste sonar nie, waar ’n mens die hele lyfiee kon sien – dit was nog vir my die heel mooiste. Nou sien ons net stuk vir stuk en nie eens vir lank nie, want sy beweeg te veel.
Tot dusver was daar twee onvergeetlike mylpale: Die een was die eerste sonar op 12 weke toe ons haar hele lyfie kon sien, en die ander was die dag toe ek haar vir die eerste keer kon voel fladder. Die lekkerste was toe Mike haar vir die eerste keer kon voel beweeg. Hy was sprakeloos en kon nie ophou glimlag nie.
Voorgeboorteklasse
Ons het met voorgeboorteklasse begin en geniet dit vreeslik. Dis baie interessant en ek voel ook as ouer dat dit baie belangrik is. ’n Mens word soms net te gemaklik en vergeet van die belangrike dinge wat met ’n baba gepaardgaan. Dis soos die suster vir ons gesê het: Alle ongelukkies kan voorkom word, veral met ’n baba.
Bederfies
Ons is vandeesmaand vreeslik bederf. My broer het vir ons die pragtigste hemelkot met ’n kompaktum gekoop. Dis verruklik mooi en pas so mooi in haar kamer. Die bederf het ook nie daar opgehou nie. Oumas en oupas en tannies en ooms het ons almal bederf, juis omdat almal nou weet hulle kan iets pienk koop. Dit het gevoel soos ’n mini-ooievaarsparty.
Hoogtepunt?
Ek het eers op 21weke ons bondeltjie voel beweeg. Dit was ’n ongelooflike ervaring. Ek was eers onseker, maar toe die gefladder aanhou, het ek geweet. Dit maak dit soveel meer spesiaal en realisties.
Pla enigiets?
Ek en Mike wik nog oor verskillende name. Elke naam is op sy eie manier pragtig, maar watter een gaan dit wees? Ek sê vir Mike ons sal weet die dag dat ons haar vashou.
Sophia Swanepoel and katija patel are now friends. Gister, 21:44
Sophia Swanepoel and Ilonka Graham are now friends. Gister, 20:24
Jo Brand became a registered member. Gister, 19:58












Add your comment
Comments - No comments yet