Rooi ligte in swangerskap

Rooi ligte in swangerskap
 
 
 

Waaroor dokters bekommerd is:

Swangerskap-diabetes:

Sowat 2 tot 3% van vroue kry swangerskap-diabetes, gewoonlik ná die eerste trimester. Die plasenta produseer tydens swangerskap hormone wat die manier verander waarop insulien werk. Insulien is ’n chemiese stof wat deur die pankreas vervaardig word. Dit help die liggaam om die suiker in kos te berg sodat dit later in energie omgeskep kan word. Swangerskap-diabetes kan ontwikkel wanneer ’n vrou se pankreas nie genoeg ekstra insulien kan vervaardig nie.

Preëklampsie:

Dis ’n abnormale toestand wat ná die 6de maand van die swangerskap ontwikkel. Dit veroorsaak hoë bloeddruk, watersug (opeenhoping van vog in hande en gesig wat tot swelling lei) en proteïen in die urine.

Rh-negatiewe ma en ’n Rh-positiewe fetus:

Rh is ’n stof wat in die meeste mense se rooibloedselle gevind word (’n eenvoudige bloedtoets kan jou Rh-faktor bepaal). As jy dit nie het nie, is jy Rh-negatief. As jou baba die faktor het en Rh-positief is, kan probleme ontwikkel wanneer die baba se bloedselle in jou bloedstroom kom omdat jou liggaam kan reageer deur teenliggaampies te vervaardig wat in die baba se bloedstroom kan beland en die rooibloedselle vernietig.

Al hierdie probleme is ernstig, maar hanteerbaar. Daarom is dit belangrik om ingelig te wees en dit met jou dokter te bespreek.

Rooi ligte

As jy enige van die volgende simptome ervaar, gaan dadelik dokter toe!

Eerste trimester:

* koors, hewige pyn laag in jou onderbuik, krampe, bloeding, aanhoudende naarheid en vomering

Tweede trimester:

* vaginale bloeding, hewige en aanhoudende hoofpyn, dowwe of onduidelike visie, buikpyn, aanhoudende vomering, pyn of branderigheid wanneer jy urineer, koue rillings of koors, vloeistof wat uit die vagina lek, swelling of pyn in die onderlyf

Derde trimester:

* swelling van die hande of voete wat nie afneem nadat jy gerus het nie, hewige hoofpyn of sigversteurings, aanhoudende buikpyn, gedurige floutes of duiseligheid, vaginale afskeiding of jeukerigheid, branderigheid wanneer jy urineer, vaginale bloeding, vloeistof wat uit die vagina lek, afname in fetale beweging, geen fetale beweging vir agt tot twaalf uur nie.

 
 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 1 comment so far

madelein

is dit normaal om n bruin afskuiding te he as jy 4weke swanger is
Posted on Sat, Mar 3rd 2012, 13:43
 
What do you think?

What was the most expensive item you've bought for your child?

Pram/stroller
Nursery room furniture, eg cot, compactum or bed
An outfit
A toy
Other