Moet nooit dink ’n vraag is te dom nie. Dis dikwels beter om ’n lysie vrae neer te skryf en saam te neem omdat ’n mens soms tydens die ondersoek vergeet wat jy wou vra.
Hier is ’n paar voorstelle:
- Wanneer sal ek swangerskap-simptome begin ervaar?
- Wat is die mees algemene simptome?
- Is dit moontlik om steeds te menstrueer terwyl ek swanger is?
- Hoe kan ek weet of my simptome normaal is?
- Is daar enige kos wat ek tydens my swangerskap moet vermy?
- Watter – indien enige – virusse kan skadelik wees vir my ongebore baba en hoe kan ek dit vermy?
- Hoe word virusse gedurende swangerskap behandel?
- Tot wanneer in my swangerskap kan ek vlieg?
- Kan seks tydens swangerskap skadelik wees vir my baba?
- Is daar enige aktiwiteite wat ek liefs moet vermy?
- Wat is foliensuur en hoe belangrik is dit?
- Is daar vitamiene waarvan ek meer moet neem?
- Hoeveel kafeïen is veilig?
- Hoe hanteer ek verkoue of griep?
- Hoeveel gewig behoort ek aan te sit?
- Kan ek nog aanhou werk soos wat ek doen?
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.
Tools
Sophia Swanepoel and katija patel are now friends. Gister, 21:44
Sophia Swanepoel and Ilonka Graham are now friends. Gister, 20:24
Jo Brand became a registered member. Gister, 19:58












Add your comment
Comments - 6 comments
v
Hi ek wonder of jul vir my antwoorde het ,ek kry gewoonlik my mensterasie elke begin van die maand ek het dit begin April gekry soos elke maand en toe weer einde April ook vir n paar dae ek het nog nie mei maand my mensterasie gekry nie en dit is al die 15 de vandag ek het ook die 6 de Mei vir twee dae n baie seer pyn op my lae maag an die regterkant naby my privaat dele gekry en vanaf die 8ste Mei vir drie dae seer borste gehaad dag een was dit nogal hard ek het al n kind mar niks van die simptome het ek gehaad met my eerste kind nie.............raad nodag asbcathy
Ek is 40 jaat oud ek is ge steriliseer 11 jaar terug ek was toe baie oorgewig ek het in tussen 60kg verloor nou is ek bekommerd want ek het al die simptomes van swangerskap moegheid, naarheid droë oë my maag voel of ek n klip rondra sooibrand my borste jik en is gevoelig het verlede maand nog maanstonde gehad maar die laaste 2 dae was net n droëdonker bruin maroon afskeiding en toe begin die ander simptomes kan ek swanger wees ek wil nie onnodig dr toe hardloop nieNicolene Pretorius
Ek stem saam met Lene Kapp. Maar dankie dat julle die opsies opgesit het. Die dinge wat ek eerder wil weet is, hoe ver na ontsluiting kan ek nog vra vir n epiduraal, wie mag en wie MOET almal by die geboorte wees. Ek het gehoor jou pediater moet ook daar wees. As iemand my dalk kan sê waar ek boeke oor dit kan kry sal ek bly wees.Lene Kapp
Die enigste vraag van al 16 wat vir my belangrik is, is watter medikasie gebruik jy vir watter simptome, bv hoofpyn, sinusitis, loop neus, nat hoes ens. Al bogenoemde vrae word beantwoord deur die magdom van boeke wat beskikbaar is. Probeer gerus "What to expect when you are expecting". Al wanneer hierdie vra dalk van meer belang is, is tydens 'n hoë risiko swangerswap.Antoinette Venter
Is 16 weke swanger. Gaan Bangkok toe 23 April. Dis 'n 11 uur vlug. Is dit veilig en vir hoe lank kan ek nog vlieg.Jackie Bezuidenhout
i never thought about these questions