"Die gesukkel was die moeite werd"

 
 
 
 

Vandag het ek 3 pragtige kinders maar dit was 'n lang pad tot hier gevul met baie emosies,trane en gebede.

Ek en my man is in 2001 getroud en in 2004 het ons besluit dis tyd vir 'n gesinnetjie. Soos meeste vroue het ek van die pil af gegaan en gedink dit sal sommer gou-gou gebeur. Maand na maand het egter verby gegaan en naderhand het die maande in meer as 'n jaar verander en steeds niks.

Toe oortuig 'n vriendin my om maar 'n gynae te gaan spreek en so kom ek toe by 'n dokter uit

wat sê daar is niks fout nie en ons moet aanhou probeer. Ons het aanhou sukkel en ná nog paar 'n maande is ek na 'n ander dokter wat van dag 1 af my steunpilaar geword het op my pad na 'n babatjie.  

Sy het my onmiddelik gediagnoseer met erge polisistiese ovaria en my op hormone gesit om my te laat ovuleer. Na nog baie maande & baie trane het ek op die maksimum dosis van clomid steeds nie eers een eiersel geproduseer nie.  

Elke maand het ons harte in 10 000 stukke gebreek en ek was oortuig ons sal kinderloos bly. Ons is toe na 'n fertiliteits spesialis wat ons op 'n nuwe behandeling vir polisistiese ovaria gesit het. Na 4 maande op die behandeling het ek steeds geen eiersel produseer nie. Ek was emosioneel gedaan en het vir my man gesê ek is klaar met pille en dokters en ons het begin kyk na aannneming.  

Groot was ons verbasing toe ek 4 weke later uitvind ek is swanger!!! Mei 2007, drie en 'n half lang jare na ons paadjie begin het, is Albert gebore.

Na Albert het ons sommer dadelik weer met behandeling begin vir nommer 2 aangesien ons bang was dat dit weer so lank sou neem. Ek het met die negende probeerslag swanger geraak maar het 'n miskraam gehad.

Die miskraam het my verpletter maar ons het aanhou probeer.  Na 'n paar maande het ek weer swanger geword maar nog 'n miskraam gehad.  Ek het besluit om 'n laaste keer te probeer en ek het weer swanger geraak.

Ek het heeltyd gewag vir dinge om verkeerd te gaan maar dit het nie en in Julie 2009 is ons geseën met Christian.

Na Christian het ons weer behaneling ondergaan toe ek nie vanself swanger raak nie en sommer met die derde probeerslag was ek swanger. Talitha is na 'n baie rowwe en gekompliseerde swangerskap in Februarie 2011 gebore.

Ek is so dankbaar vir my 3 wonderwerkies. Dit was 'n moeilike pad na moederskap maar elke traan was die moeite werd en elke keer as my kinders my grys hare gee dink ek terug aan hoe ek vir hulle gebid het en se ek net weer dankie dankie dankie!!

 
 
Disclaimer: The advice on this site is for information purposes only. Please consult your health professional.

Add your comment

Comments - 1 comment so far

janine de vries

Hi, sjoe, ek haal my hoed af vir jou! Ek&manlief het Des2009 getrou, ons het 3mAande later besluit dis tyd vir 'n gesin, na maande, wat toe in 'n jaar verander het se "gesukkel" &aanhoudende crae oor wanneer baba kom het die Here ons kom verras met 'n tweelimg!!! Ek het die genade volste&wonderlikste swangerskap gehad, dit was glad moeilik om afskeid te neem! Maar 2gesonde bulletjies is aan ons geskenk, 1 het 3.04 en ander 2.90 geweeg!! Volgemde maandag is hulle 5maande oud&net meer meer 'n seening&plesier
Posted on Mon, May 7th 2012, 21:24
 
What do you think?

What was the most expensive item you've bought for your child?

Pram/stroller
Nursery room furniture, eg cot, compactum or bed
An outfit
A toy
Other