Rympies ontwikkel kinders se taal, dit maak hulle bewus van musikaliteit, en dit help hul geheue en emosionele groei aan. Dié dat kundiges sê ons kan rympies gerus elke dag by ons lewe inweef ...
Wys jou duimpie vir ’n rympie
Min ouers is bewus daarvan dat kleuterrympies ’n geweldig belangrike bousteen in hul kind se taalkundige en emosionele ontwikkeling vorm. Kenners oor leesvaardigheid en kinderontwikkeling het bevind dat kinders wat op vier jaar oud minstens agt kleuterrympies kan opsê, op agt gewoonlik die beste lesers in hul ouderdomsgroep is. ’n Uitdrukking wat uit dié navorsing voortgevloei het, is “Rhymers will be readers”.
Die geheim van die kleutervers lê in die krag van ritme. Volgens Suzanne Down, ’n Amerikaanse navorser oor die helende krag van kinderrympies en poppespel, word ’n kind se natuurlike ritme tydens die geboorteproses versteur. ’n Baba het nodig dat sy innerlike ritme van buite af deur sy ouers, en veral sy ma, herstel word. Die ma begin dan om ’n daaglikse ritme van voeding, slaap, sus en sagte slaapliedjies te vestig, wat later versterk word deur ’n vaste roetine.
Verstaan is van die baan
Wanneer ’n mens kinderrympies vir babas en kleuters opsê of voorlees, is die betekenis van die woorde noodwendig ondergeskik aan die ritme en rym. Selfs al verstaan kleintjies nie altyd wat hulle opsê nie, onthou hulle die woorde op grond van die ritme en klank. Tog beïnvloed hierdie gebrek aan begrip glad nie hul plesier in die rympies of die uitwerking daarvan nie.
Die opsê van rympies is baie goed vir kinders se taalkundige ontwikkeling. Dit help om woordgeheue te ontwikkel en dit vestig ’n taal se patrone hul onderbewussyn. Woorde, frases, struktuur en uitdrukkings word geabsorbeer en wanneer hierdie woorde in die kind se kop begin neerslag vind in sy daaglikse gesprekke, het jy skielik ’n kind wat haarself goed kan uitdruk. Druk deur, meneer. Baie ouers is geneig om rympies af te maak as te ingewikkeld vir kleuters, veral as die woorde aan die kind onbekend is of as sy belangstelling verloor.
Die Afrikaanse digter Antjie Krog se derde kinderrympieboek, Fynbosfeetjies, het vroeër vanjaar verskyn, en daarin maak die spesifieke verwysings na plantname en die natuur die boek oënskynlik te moeilik vir die gemiddelde kleuter. “Daar is vanselfsprekend moeiliker woorde in rympies omdat jy binne ’n ritme- en klankpatroon moet werk en noodwendig woorde moet gebruik wat dalk nie so alledaags is nie,” sê sy. “Ek beskou dit egter as ’n wonderlike manier om ’n kind se taal te verbreed.
Toe ek onlangs vir my kleinkind die boek Is Daar Plek op Jou Besem lees wat deur Philip de Vos vertaal is, kom ons af op die woord ‘litte’ wat noodwendig moes rym met ‘o jitte’. Ek kon toe vir haar verduidelik wat dit is, en ’n uitdrukking soos ‘roer jou litte’ het toe ook sommer betekenis gekry en ons gebruik dit nou gereeld.” Sy voel sterk dat ouers die rympies deel moet maak van kinders se daaglikse verwysingsraamwerk.
“Rympies moet deel wees van die taal in jou huis en ’n manier om ’n nuwe dimensie te gee aan die dinge wat jou kind ervaar. Dit hoef nie eens volledige rympies te wees nie, maar sinsnedes soos Allawiek! Allawak! Ons Gaan Pannekoek Bak! kan ’n gevestigde praktyk prettig inlei. “So sal ’n rympie soos Klop Klop Hamertjie altyd opgesê word wanneer ons êrens voor ’n toe deur te staan kom of wanneer iemand aan ’n deur klop. Selfs sinsnedes uit gedigte vir volwassenes kan ingespan word. O Koud is die Windjie en Skraal van Eugene Marais is tog ’n baie kreatiewer uitdrukking as ‘Sjoe, maar dis koud!’ ”
mariri posted an update in the group Expecting in 2013!: hey Mommies, went for my 28 week appointment today and […]. 17de Mei. 2013, 13:30
Zama Ditlhake posted an update: hello moms to be - just to share. it is now 11 days to go […]. 17de Mei. 2013, 12:26
kopano mogorosi and Annelie Visagie are now friends. 17de Mei. 2013, 09:13
Lizelle11 replied to the forum topic in the group Afrikaanse Mammas. 17de Mei. 2013, 09:03












Add your comment
Comments - 20 comments
fiona barnard
ek is opsoek na n mooi liedjie of rympie oor ek is ses en gaan groot skool toe. baie dankieLana
Ek is opsoek na mooi Afrikaanse Dankie rympie of liedjie wat ons vir 6 jariges kan leer wat oppad groot skool toe is. Baie dankieAzel van der Colff
Vir die wat nog nie die rympies gekry het nie ek het hierdie boekie gekoop en dit het 'n cd by wat great is vir daai "tunes" en ritmes wat ons vergeet het van kleintyd!! Anders besoek ook Pienkvoet-Pret Durbanville en kom leer speel speel saam met al die ander maatjies. avdcolff@gmail.com 082 785 0569 www.pienkvoetpret.co.za Boekie se naam: Rympieland Uitgewers: PhambiliHenk
Dit is wonderlik om hierdie rympies op die web raak te loop. Waar kan ek die wysies kry? HenkTercia du Plessis
Ek het juis verlede week gedink waar op aarde gaan en al die kinderrympies kry... Ek sal so bly wees as iemand dit dalk het en vir my kan e-pos. tercia111dup@yahoo.comLea
Hallo Ek lees hieronder van die rympieboek. Kan ek asb meer inligting daaroor kry. Ek stel ook belang om dit te bekom. Groete leaRENS
baie geluk BETSIE....hoop sy verskaf jul baie plesier... ek het die rympies uitgedruk vir my woelwatter, want hy mal daaroor dat ek en ouma saans vir hom lees voor hy slaap.. baie dankie baba en kleuter RensBetsie
Eerstens hallo aan al die mamma's, ek glo ons sal lekker kan gesels. Ek sien klaar dat van julle nogal baie behulpsaam is met sekere inligting. Wel ek lees nou maar eers die Kommentaar en hoop ons sal mekaar leer ken. My dogter is die 7de Oktober 2010 gebore, Klein Engeltjie.. GroeteSonné Massmann
Vir die van julle wat nog op soek is na oulike Afrikaanse kleuter rympies, hier is die link: http://www.yourparenting.co.za/tools/free-downloads/nursery-rhymes/afrikaanse-rympies Kyk ook na Pienkvoet Pret se FB profiel en webtuiste (www.pienkvoetpret.co.za), tydens hul ontwikkelings stimulasie klassies voer mamma & baba/kleuter saam oulike afrikaanse rympies op :)Wendy Zeelie
Ek kan nie rympies onthou nie, en my dogtertjie word amper 2. Vir geen geld in die wereld kan ek handjies klap onthou nie. My ma se rympie is elke keer anders. Ek het dit al ge-google maar ook nie gekry nie...Rene Smith
Kyk bietjie na die website - dis nogals oulik. http://www.grapkas.com/kazoo/index.htmIgna Engelbrecht
Hi. Ek het 'n hele klomp rympies in Word formaat. Stuur 'n epos na: ignae@webmail.co.za dan stuur ek dit vir julle.Estelle Van Rensburg
Waneer sal die rympies beskikbaar wees? Want my dogter is 3 en al wat sy wil doen is liedjies en rympies opvoer.Lindie van Zyl
O, ek kan nie wag vir die Afrikaanse rympies nie! Al een wat ek ken is Handjies klap...Sophia
Hello Mammas, ons is in die proses om Afrikaanse rympies op YourParenting.co.za te sit. Dit sal mooi ontwerp wees in PDF-formaat sodat julle dit sommer maklik kan uitdruk ook! Hou hierdie spasie dop...Gerda Theron
Hi daar, ek is ook opsoek na maklike afrikaanse rympies, kon enige van julle dit al in die hande kry?monique
Ek stem saam. Waar kry 'n mense Afrikaanse rympies?Ethel Beukes
Miskien moet ons 'n blog begin waar alle mammas rympies kan opsit wat hulle onthou. Dan leer ons bymekaar en geniet nuwe ruimpies van Wielie Walie tot Klein Duimpie.Corne
'n hele rukkie terug het pasella in Wellington gekuier by 'n skrywer, sy het 'n rympie boek geskryf vir kinders in afrikaans, maar ek kan om die dood nie die vrou se naam of die boek se titel onthou nie, weet net dit was baie interresant - kan iemand dalk help???annelize
Ek kon baie engelse rympies kry op internet en sien en lees maar ek het niks gekry vir Afrikaans Ons wil ook Afrikaanse rympies kan sien en lees.